Vrou sluk per ongeluk AirPod – sy dog dis ʼn vitamienpil

Argieffoto (Foto: ai subarasiki / Pixabay)

Tanna Barker (52), ʼn eiendomsagent van Salt Lake City in Utah in die VSA, het ʼn grappige video op sosiale media gedeel waar sy vertel hoe sy per ongeluk ʼn Apple AirPod ingesluk het.

Barker het gaan stap toe sy ʼn vriendin raakgeloop het. Die twee vroue het begin gesels en sy het in gedagte besluit om haar vitamienpil te drink. Sy het gevoel die pil steek vas in haar keel, maar sy het net meer water gedrink om die pil af te sluk.

“Ek het Kathleen gegroet en toe ek my AirPod weer wou insit, was my pil nog in my hand!”

Sy het besef dat sy die AirPod vir ʼn vitamienpil aangesien het en dit per ongeluk ingesluk het. ʼn AirPod is ʼn klein oorstokkie wat as ʼn koordlose oorfoon vir Apple-toestelle gebruik word.

Vriende en dokters het haar aangeraai om maar net die natuur sy gang te laat gaan.

Sy het ʼn paar dae later aan haar 5 000 volgelinge op TikTok bevestig sy het veilig die AirPod passeer.

Die video is reeds meer as 2,8 miljoen keer gekyk.

@tannasellsutah

????OH MY GOOOOOOOSH!!!! You have to watch this! So embarrassing!!! #istillcantbelieveit #whatinthelivingheck #thistooshallpass #whatthe #iamshook #getoutofmybelly

♬ original sound – IamNanaTanna

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pierre ·

wat n bog storie, daar is geen manier om dit as n pil aan te sien nie

Bolandse Nooi ·

Wel, ek dink nie sy het dit met die pil verwar nie … my vraag is net, as jy gaan stap, hoekom dit doen met ‘n pil in jou hand?

Piet ·

Sy gaan natuurlik nou “n hofsaak maak, want die gebruiksinstruksies het nie gese: “Do not swallow. This is not a vitamin pill”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.