Vrou vergiftig haarself toe sy plant se voordele wou besing

Skermgreep uit die video

ʼn 26-jarige vrou van China wat video-blogs op sosiale media publiseer het haarself per ongeluk vergiftig toe sy ʼn plant op video geëet het, wat sy gedink het ʼn aalwyn is.

Die vrou, slegs bekend as Mej. Zhang, het ʼn segment oor die gesondheidsvoordele van aalwyne gedoen, toe sy ʼn hap uit die plant geneem het. Die plant was eintlik Agave americana en sy is vergiftig.

Sy sê in die video “dit is wonderlik”, maar haar mond het kort daarna gevoel verloor en haar keel het begin brand en sy is na ʼn hospitaal geneem.

Mej. Zhang het geproe die plant proe bitter, berig Motherboard. Sy het sere in haar mond opgedoen as gevolg van die plant. Haar maag is gepomp en sy is in ʼn stabiele toestand.

Die beweerde gesondheidsvoordele van aalwynplante is nie duidelik nie. “Daar is nie genoeg bewyse dat aalwynplante wel kan help vir die doeleindes waarvoor mense dit gebruik nie,” aldus die nasionale sentrum vir komplementêre en geïntegreerde gesondheid.

Agave Americana word in Mexiko en Noord-Amerika gekweek en staan algemeen bekend as die Amerikaanse aalwyn, weens sy ooreenkoms met Aloe vera. Die Agave Americana word tipies as ornamentele plante gebruik, alhoewel dit giftig is.

Mej. Zhang het die video daarna gebruik om die gevare uit te wys om plante te eet sonder dat jy heeltemal seker is van wat jy eet.

Lees ook: Motherboard, Telegraph, Global News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Adri ·

Die plant kan nie bitter proe nie, want die plant het nie ‘n mond nie. Sy het geproe die plant smaak bitter. Ai tog.

Cherokee ·

Dankie Adri… teregwysings word dikwels in die kiem gesmoor nog voor dit geproe of gesmaak kan word.

Ashlee ·

Bitter proe of n bitter smaak, wat maak dit saak. Almal weet mos waarna die artikel verwys. Genade!

Sulet ·

Eintlik kan mens beide “proe” en “smaak” gebruik. Volgens die Skryf Afrikaans van A tot Z word “proe” as sinoniem vir “smaak” toegelaat.

TM ·

Dit kom nou daarvan as jy alles eet wat voorkom. Niks word gespaar nie.

Carien ·

Wys net hoeveel mense sit goed op YouTube waarvan hulle self geen kennis het nie, en wil ander mense dan kamma meer inlig oor die voordele of hoe om iets te gebruik, maar eintlik kon hulle self doen met n kurses of opleiding op daai gebied. Party wil net gesien word en lyk my om gesien te word of aandag te trek is die in ding deesdae. Die mens was nog nooit so behep met homself soos in vandag se lewe nie. Liefhebbers van homself.

marlene ·

Dis omdat hul enige ding eet wat voorkom. Hul het geen respek vir diere of die natuur. Hul eet sommige diere lewendig. Ek wil eintlik nie eers daaraan dink nie. Dit gee my die creeps.

Sylvia ·

Die hoofopskrif moes ook gelees het “byna vergiftig” …, anders sou sy nie stabile kon gewees het nie, maar dood. Dit is netsoos die word verongeluk, as jy verongeluk is jy dood, byna verongeluk, dan lewe jy nog

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.