ʼn Vrou was verstom toe sy op ʼn wonderbaarlike manier weer haar man se verlore trouring gevind het.
Paul Higson (60) van Orkney in Skotland het twee maande lank gewag voor hy uiteindelik genoeg moed bymekaar geskraap het om vir sy vrou te sê hy het sy trouring verloor. Hy werk oor Orkney heen en hy kon die ring op enige plek verloor het.
Die egpaar het besef die ring is waarskynlik vir altyd verlore, totdat Paul se vrou, Jan, die dag iets sien blink het onder ʼn klippie op Sands of Wright-strand.
Die 49-jarige Jan werk by ʼn laerskool en het aan BBC Scotland gesê hulle stap gereeld met hul honde, Buddy en Rafn, op verskeie strande. Dié dag het sy egter iets in die motor vergeet en Paul het teruggestap om dit te gaan haal. “Ek het net daar met die twee honde gestaan en iets tussen die klippe sien blink. Ek het eers gedink dis dalk sommer net ʼn wasser, maar ek het gebuk en dit opgetel – dit was Paul se ring!”
Paul, ʼn omgewingskonsultant, het glad nie geweet waar hy die ring verloor het nie. Hy kon dit skaars glo toe Jan vir hom sê sy het die ring gevind. “Ek het eers gedink sy maak ʼn grap! Ek het die ring aangepas en dadelik geweet dis my trouring. As jy iets vir 25 jaar lank al dra, dan weet jy dis joune.”
Dankie vir die mooi storie met goeie nuus vir ‘n slag!
Dit gee mens weer nuwe hoop!
Lekker nuus!
dis seker dieselfde strand waar hy saam sy skelmpie kuier
Johan waarom altyd die slegte in iemand sien.
Regtig Johan??…Hoop jy het raak gelees hy is ‘n OMGEWINGSKONSULTANT???….Is jy altyd so Brolloks en Bittergal????
Dit is ‘n mooi storie. Ou Johan noem dit dalk omdat hy ‘n skelmpie het en nou weet waarvan hy praat lol
Ons is al so vuisvoos vir al die negatiewe dinge gee ons asb meer positiewe verhale soos die een
….en ek kwoteer: “.. hulle stap gereeld met hul honde Buddy en Rafn, op VERSKEIE STRANDE”. Kanse is dus goed dat hy en sy wettige gade met die twee honde daar gestap het.
Goeie nuus –
Ai, die mensdom, darem.
Johan jy maak my suur dag. Lekker lag ek nou. Humorsin mense.