Vrou wil met haar duvet trou

Pascale Sellick (Foto: Pascale Sellick/Facebook)

ʼn Vrou wil met haar duvet trou, want dit is die “mees intieme en betroubare verhouding” wat sy nog ooit gehad het.

Pascale Sellick (49) van Exeter in Engeland, reël ʼn uitspattige seremonie met behulp van ʼn huweliksbeplanner om die liefde vir haar beddegoed te vier. Pascale, ʼn kunstenaar wat haarself as ʼn “rowwe, growwe, fantastiese ekshibisionis” beskryf, het ʼn ope uitnodiging gerig aan enigiemand wat saam met haar wil fees vier.

“My duvet is die langste, sterkste, mees intieme en betroubare verhouding wat ek nog ooit gehad het. Hy was nog altyd daar vir my en gee my wonderlike omhelsings. Ek is só lief vir my duvet, ek wil mense nooi om te kom kyk hoe ek ʼn eenheid vorm met die mees konstante, gerieflike maat in my lewe.”

Pascale beloof daar gaan musiek, baie gelag en vermaak wees.

Sy beplan om ʼn nagjurk en japon met pantoffels te dra vir die groot dag. Dit is nog nie duidelik watter uitrusting sy vir die duvet beplan nie.

Die seremonie vind op 10 Februarie by Rougemont Gardens in Exeter, Devon plaas en ʼn “gratis onthaal” by The Glorious Art House in Forestraat daarna. Gaste word versoek om ook pajamas en kamerjasse te dra. Gaste is welkom om teddiebere en warmwatersakke saam te bring as dit koud is.

Anna FitzGerald, van WooHoo Art Events, is die huweliksbeplanner. “Hierdie kunswerk is tot dusver die vreemdste een ooit. Ek is baie bly om betrokke te kan wees. Valentynsdag is maar droewig vir meeste mense, so hopelik sal dit mense bietjie opbeur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Jozi ·

Die tannie is glad nie lekker in die “upstairs department” nie!
Ek het een vreeslike ” intieme band ” met my ou karretjie en ons het ook al goeie en minder goeie tye saam beleef. So gaan ons nou maar dinge tot die volgende vlak neem en ‘n bruilof reel?
Belaglik!

DeVill ·

Ek begin al hoe meer saam met die doem-profete stem…die einde van die wêreld is met ons!

Depressie? ·

Julle, hierdie vrou het vir seker depressie. Sy is sielsongelukkig en bitterlik alleen.
…ek meen… sy het n OPE UITNOSIGING vir enigeen wat dir saam haar wil deel.
Sy SKREE vir hulp.
En die SKELM huweliksbeplanner het net geld geruik!

wielie ·

Oh my word ……… gelukkig trou sy nie met haar vetplant nie! Dink net watse tranedal dit gaan wees as die vetplant doodgaan. Dan sal sy seker n begrafnis moet reel ………..

JanGrapKas ·

Wat ek net wil weet is, as daar nou ‘n egskeiding kom, en ons weet dat sulke tipe huwelike redelik onstuimig kan wees, gaan die duvet sy regmatige deel kry uit die besittings? Of gaan sy buite gemeenskap trou? Ek voel jammer vir daai duvet en wens ek hulle eers berading gee. ‘n Mens sien ‘n ramp kom hier….

anoniem ·

Sy het dit verkeerd om – ‘n mens gebruik daai duvet om vir jou en jou lewensmaat intiem teverkeer – nie om intiem met jou duvet te teverkeer nie.

ANNA ·

??…heel kreatief nogals, wat ñ goeie idee,omi liefde te vier?? wat nié ñ stem of wil het nie…ARME duvet!!!

Pallas ·

Nou trou dan met die blerrie ding. Vat hom net saam as jy gaan uitslaap anders kan mense dalk se jy slaap rond.

Elaine ·

Die huweliksbeplanner behoort hulle self te skaam om haar geld te vat.

wees bly ·

Mense, julle is verkeerd. Gun die vrou haar geluk en liefde met haar geliefde duvet. As sy met die duvet trou spaar sy ten minste n arme onskuldige man groot trauma om met haar malligheid op te eindig.

Chris ·

Ek gaan die troue bywoon………my plus een sal my bersie wees???

Wenner ·

Ai sorry dat ek lag! Whahahaha. Maar ek stem saam met diegene wat se sy het n sielkundige probleem. Heelwaarskynlik het sy bitter seergekry in haar jeug, daarom vertrou sy geen mens nie.

Trieks ·

Sy maak ‘n bespotting van die huwelik wat ‘n heilige instelling van God is tussen een man en een vrou. Dit sal geen “huwelik” wees nie. Wel ‘n godslasterlike kabaal.

SNEL ·

Trieks, ek stem, huwelik is deur God ingestel, maar die ongelowiges praat van trou en begrafnis, maar dit verskil heeltemal in benadering en hoe dit gehou word en die geselligheid daarna van hoe ons dit hou en die Here betrek. Trou by hulle is sommer n vriend wat hul in eg verbind en sê; vat mekaar en leef gelukkig saam en dan daarna hou hul party tot niemand meer staan nie. n Begrafnis is nie soos n begrafnis wat jy ken nie. Hulle kom bymekaar, elkeen sê n woordjie (die wat wil) oor die persoon wat oorlede is en hul gaan drink en hou party na die tyd om sy/haar lewe te vier. Die Here is nie eers ter sprake of in gedagte hier nie, hoe kan Hy wees as hulle Hom nie ken of wil ken nie, maar hierdie vrou trou met n stuk lap, net om aandag te trek, sy kan dit net sowel “kom hou saam party” noem, ipv trou. Dink nie dis depressie of n knou in haar jeug nie, dis net om baie “likes” te kry en om raak gesien te word, net vir aandag en om in die nuus te kom. Dis deesdae waaroor alles gaan… hoeveel followers jy het.

Mmh ·

Ek stel geheel en al saam. Die laaste trompet moet naby wees! Maranatha!

Katerina ·

Sy doen dit dalk as n grap,mense. En om aandag te trek ook. Dalk ook om enkel lopende mense n bietjie op te cheer in die Valentines Day tyd. Ek dink sy bedoel dit lighartig.

Chris ·

Hoe moet haar gordyne nou voel ??
Sal hulle defnitief vir berading moet vat !!

Louis ·

Sy moet versigtig wees.. die duvet gaan haar met die kussings verneuk.

Lizette ·

Sy is n kunstenaar, en die seremonie word by n “art house” gehou en sy maak gebruik van n “art event planner” . Dalk is hierdie n manier om baie meer publisiteit te kry vir haar kuns, aangesien dit n ope uitnodiging is wat verniet is?

Mmh ·

…en so word die huwelik bespot, bemors, bevark, vertrap, vervloek….
Ek wonder wat sy sal doen as haar “art” ook despot, becomes, bark, vertrap en vervloek word???

Staak saam ·

Kritiseer die vrou soos julle wil, hierdie is n dierekte uitloopsel van liberalisme en menseregte, dit gaan nie meer lank wees nie dan wil mense met die afgestorwenis ook trou, want wat kan dan tog verkeerd wees met ware liefde, dit bring mos net die goeie na vore.

Daai liberale mense onder ons is die oorsaak van al hierdie kwaad wat n bespotting maak van ons lewende God.

Hannelie ·

Shame tog. Hoop haar ou duvetjie gaan vir haar kindertjies ook kan gee. Wonder hoe gaan die ou bloedjies lyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.