Persone wat onlangs in Binne-Mongolië vroeg uit die vere was, het ʼn groot verrassing gekry toe hulle “vyf sonne” oor die horison opgemerk het.
ʼn Video van die verskynsel is deur plaaslike media gedeel met die beskrywing: “Wat ʼn verstommende wonder! Vyf sonne skyn in die lug in Noord-China se Binne-Mongolië.”
Die wetenskaplike verduideliking van die verskynsel is ʼn buitengewone optiese illusie wat temperatuur van minstens -20°C vereis. Daily Mail het in 2015 oor ʼn soortgelyke voorval in Rusland berig en verduidelik dit is ʼn “skynson” of “parhelion”. Die verskynsel is ook al onder andere in Minnesota en Noord-Dakota opgemerk.
Dit word veroorsaak deur klein blokkies ys wat in die lug bly hang. Lees meer in hierdie Wikipedia-artikel.
What a spectacular wonder! Five suns are seen shining in the sky in N China's Inner Mongolia pic.twitter.com/SqqF2Bi99R
— Beautiful China (@PDChinaLife) February 14, 2020
Dis iets besonders!
Ongelooflik!!!
Pragtige natuur!
Pragtig!