Vyfjarige skryf ‘n brief aan elke land

Toby Little

Toby Little

Nog foto’s volg onderaan die berig. Toby Little van Sheffield in Engeland het ʼn groot droom: om ʼn brief aan elke land in die wêreld te stuur.

Die vyfjarige Toby het vroeër vanjaar met sy veldtog begin om ʼn handgeskrewe brief aan elk van die 193 lande wat aan die Verenigde Nasies behoort, te stuur, en ʼn reaksie daarop te ontvang. Sabine Little, sy ma, het gesê Toby het in Mei die boek, A letter to New Zealand, begin lees. Dié boek beskryf die tog van ʼn brief om uiteindelik sy bestemming te bereik. Toby wou aanvanklik net ʼn brief aan Nieu-Seeland stuur, maar het toe besluit om sommer aan die hele wêreld ʼn brief te stuur.

Sy het aanvanklik gedink sy entoesiasme sal taan, maar hy het reeds ʼn brief aan 187 lande gestuur en 66 reaksies ontvang. Hy het nou ʼn webwerf, Writing tot the World, waar hy en sy ma die vordering kan dophou.

Toby wil graag ook die mense, met wie hy in verbinding tree, help. “Toe ons aanvanklik met die briewe begin het, het ons dit na maklik bereikbare, eerstewêreld-lande gestuur,” sê Sabina. “Skielik het ons ʼn adres in Somalië gekry. Toe ons navorsing gedoen het oor die land, was Toby hartseer en het hy gevra wat ons kan doen om te help. Ons het ʼn liefdadigheidsorganisasie gesoek wie se werk toeganklik is vir kinders.” Toby het op ShelterBox besluit, ʼn liefdadigheidsorganisasie wat voorsien aan families en kinders wat alles weens rampe verloor het. “Toby het reeds een van sy doelwitte, om $950 (sowat R9 500) in te samel vir ʼn ShelterBox, behaal.”

“Ek wil die wêreld ʼn beter plek maak,” het Toby aan Good Morning America gesê.

Sabina sê dis moontlik dat Toby se volgende doelwit sal wees om al die lande te besoek.

Toby se brief wat hy aan ene Dominique van SANParke in Suid-Afrika gestuur het, en haar reaksie daarop, volg onderaan die berig.

Volg Toby op Facebook en lees sy briewe en reaksies op sy webwerf.
toby 4
toby 5
toby 6

toby 3

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.