Waarom het ʼn sebra strepe?

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Wetenskaplikes het aanvanklik gedink sebras het strepe sodat hulle roofdiere kon verwar wanneer hulle in ʼn kudde staan, maar nuwe inligting het intussen aan die lig gekom.

ʼn Span wetenskaplikes wat hul verslag in PLOS ONE gepubliseer het, het bevind dat die strepe eintlik bloedsuier-insekte afweer omdat hulle verwar word deur die kleure en dan sukkel om op die dier te land.

Die span navorsers het gestreepte jassies vir perde aangetrek om te kyk hoeveel insekte op hulle kom land en die uitslag vergelyk met bruin, grys en swart perde (wat nie gestreepte jassies gedra het nie). Hulle het die perdevlieë op ʼn plaas in North Somerset in die Verenigde Koninkryk verfilm terwyl hulle wou jag maak op die sebras en die perde.

Die insekte het die diere teen dieselfde koers aangeval, maar sodra hulle om die dier begin sirkel het, het die vlieë 25% minder op die sebras geland as op die perde.

Tim Caro, hoofouteur van die verslag, het gesê wanneer die vlieë die diere genader het, “kon hulle nie behoorlik hul spoed verminder nie en het óf verby die dier gevlieg óf in die dier vasgevlieg en dan weggebons”.

Martin How, mede-outeur en bioloog van die University of Bristol, het gesê dit is moontlik dat die strepe die vlieë verwar sodra hulle naby genoeg kom om dit met hul laeresolusie-oë te sien – net soos vlieëniers deur die son verblind word. “Die vlieë wat wel veilig op die sebras land, word daarna ook verjaag deur die sebra wat deurgaans sy stert bly swaai.”

Sebras se streeppatrone verskil van dier tot dier en nie een lyk dieselfde nie.

Lees die volledige studie hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Daan Erasmus ·

Is jy al deur ‘n perdevlieg gebyt/gesteek. Dit laat die ordentlikste ou vloek dat die rook draai.

marco polo ·

Die vraag moet dus eerder wees, waarom het perde nie strepe nie?

Afrikaner ·

Nou wonder ek waarom het blouwildebeeste nie strepe nie, ook rooibokke wat so deur die vlieë gepla word. Dalk moet hulle by die sebras gaan kers opsteek. OK, wat van leeus, die sebra sal mos nie hul geheim aan ‘n leeu verklap nie?

Sebra ·

Een sebra, daar regs, lig ‘n voorpoot, stamp op die grond dat die strepies so by die blad bewe. ‘n Ander een lig ‘n agterpoot, gee so skop, draai die kop, nou staan en staar dit vir ‘n tyd na die na die agterent, pfffff, proes dit so ‘n slag. Nog een wikkel die ore dat mens net rooibekrenostervoëltjies sien vlieg.

dinkhardop ·

Ek reken zebras is wit en swart om polities korrek te wees in Suid-Afrika

Ebony and Ivory ·

Die ANC het ook gevra vir ‘n ondersoek wat sal bepaal of hulle meer swart as wit strepe het – hulle moet ten alle tye rasverteenwoordiging in SA weerspieël.
Dieselfde ondersoek gaan ook kyk of swart luiperds, luiperds met kolle kan vervang in alle nasionale parke.

Pieter ·

Nie een is dieselfde nie? As daar net een is, moet hy dieselfde wees … as jy self?! Dit moes sekerlik lees “Nie TWEE is dieselfde nie”! Dán is daar geen duplikate nie..

David ·

Dit is ‘n baie interessante navorsingsresultaat.

Dis net jammer gestreepte pajamas hou nie muskiete ook weg nie – seker omdat hulle in die donker jag..

Ongestreep ·

Zebras se vel kleure en liggame lyk en is so omdat Onse Skepper hulle so geskape het. Eer Die VADER in die Hemel wat hulle so geskape het en laat ons ophou om Sy skeppings werk te bevraagteken.

Kort 'n streep ·

Hemel weet die Vader het vir sommige ‘n werkende verstand gegee. Met dit kom die vermoe om te dink hoe die heelal inmekaar steek. Deur te wonder oor ‘n zebra se strepe is nie ‘n teken van rebellie teen die Skepper nie. Of kan jy anders verduidelik waar kom die vak kennis van chemie, fisika, wiskunde en biologie vandaan ?

Philippus ·

Dit is maar ‘n treurige voordeel, net 25%?
Het hulle kameelpetde ook getoets?

Chekoree ·

Nou moet boere ook hulle plaasdiere (perde, beeste, skape, bokke, ens) in verskillende kleurskakerings sprei om sodoende die insekte te verwar.
Boereskoue kan dan ook sommer pryse begin toeken vir die “mees kleurvolle skaap of bees” !!

Ann ·

Grapgat lekker lag ek nou vir jou komentaar. Kan jy jouself indink as jy Natal toe ry en jy sien al die bonte beeste so langs die pad? Wel sal darem die pad bietjie interistanter maak. Dankie vir ‘n lekker giggil so vroeg in die oggend.

Afrikaner ·

Interessant genoeg:
Die Volksblad het al op Donderdag 3 April 2014 ‘n berig gedra met die opskrif:
“Sebras dra glo pajamas om steekvlieë weg te hou.” Die eksperiment soos hier bo is toe nog nie gedoen nie, maar daardie tyd het hulle met ander metode tot die gevolgtrekking gekom.

Hennie ·

Wys jou net hoe n parasiet en n steekvlieë verward kan raak met die wit en swart dis hoekom hier in SA altyd n Babelse verwarring is.

Pikkie ·

So interesant hoe wetenskaplikes se werk so hoog geag word mar steeds verander hul bevindings daagliks, zebras het so verander om insekte af te weer, snaaks van di hele diere ryk net hul…..
Hul soek antwoorde op verkeerde plekke, en selfs di mees belaglikste antwoord word anvaar slegs oor niemand nog daardi vraag gevra het…
Hul studies is sienswyses NIE antwoorde!!

Wdp ·

Nou hoekom het die hings wit en swart strepe en die merrie dan swart en wit strepe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.