Waarom jy ʼn lussie agterop jou hemp het

Die lussie agterop 'n manshemp

Die lussie agterop ‘n manshemp

Al ooit gewonder waarom daar ʼn lussie agterop ʼn man se hemp is?

Jare gelede, voor hangkaste en hangers, is dié lussies gebruik om die hemp mee op te hang – of dit nou in die huis was of op die wasgoeddraad om droog te word.

Die lussies is glo oorspronklik deur Ooskus-matrose gebruik. Die verduideliking word gegee dat matrose hul hemde aan skeepshake opgehang het wanneer hulle verklee het. Dit het vinnig ook op die vasteland posgevat. Amerika was die voorloper en het in die 1960’s die lussie ingesluit by hul Oxford-knoophemde.

In daardie stadium is dit “locker loops” genoem, omdat mans hul klere netjies in hul sluitkassies in die gimnasium kon ophang.

Die “locker loop” het ook gewildheid verwerf onder Ivy League-studente om die verhoudingstatus van ʼn jong man aan te dui. Meisies sou die lussie afskeur van ʼn kêrel in wie hulle belang stel, of indien hulle dink die outjie is oulik. As daar dus nie ʼn lussie op ʼn jong man se hemp was nie, het dit beteken hy behoort reeds aan iemand anders.

Lees gerus ook waarom jou denim ‘n kleiner sakkie in die gewone sak het. Klik hier om die artikel te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JC ·

Ai, tog te oulik, en in Afrikaans!
Wie so dit nou kon dink…:-)

Piet Pompies ·

Ek het nie lussie (lus nie) om my hemp aan die lussie op te hang……

SNEL ·

Ek dag dis net vir ons vrouens gemaak om hom (jou man) nader te pluk in die shopping mall as hy te vinnig wil loop om daar uit te kom en onder jou uithol :)

Ina ·

Ai Snel hoe lekker lag ek nou vir jou….my blou Woensdag het jy sommer weer pienk geverf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.