Wagter uit die boom gered

ʼn Facebook-plasing deur die Lathrop Manteca-brandweer in Kalifornië is baie gewild van ʼn hond wat Saterdag in die moeilikheid beland het.

Die Duitse herdershond het ʼn kat tot in ʼn hoë boom agternagesit en toe besef hy weet nie om weer af te kom nie.

Foto’s van die brandweer wys hoe brandbestryders ʼn leer gebruik om die gestrande hond weer terug te kry op die grond. Volgens KCRA het die kat uit die boom gespring toe die hond gered is, en is ook nie beseer nie.

“Lawwe hond. Bome is vir katte!” het een persoon in die kommentaar geskryf.

Die brandweer het intussen bevestig dit gaan goed met hond en kat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.