Wagter waak dae lank by ‘hondemaatjie’

Foto: VIPP/Facebook

Foto: VIPP/Facebook

Die storie van ʼn hond wat vir ʼn week lank by sy hondemaatjie gewaak het nadat hulle van hul huis in Washington verdwyn het, gryp wêreldwyd harte aan.

CBS News berig die twee honde, Tillie en Phoebe, het verlede week spoorloos verdwyn. Vyf dae later het ʼn organisasie, genaamd die Vashon Island Pet Protectors (VIPP), ‘n nieregeringsorganisasie wat verlore diere met hul eienaars herenig, ingegryp.

Amy Carey, ʼn werknemer van die organisasie, het foto’s van die honde op VIPP se Facebook-blad gedeel. “Ons het ʼn oproep ontvang van ʼn gemeenskapslid dat ʼn ‘rooierige’ hond hulle die afgelope paar dae genader het wanneer hulle buite was en dan weer vinnig in die ravyn naby die huis ingehardloop het.”

Foto: VIPP/Facebook

Foto: VIPP/Facebook

Carey en haar span het besluit om in die ravyn na die honde te gaan soek. Hulle het in die woud na Tillie geroep, ʼn blaf gehoor en dit gevolg. Dit is toe dat hulle op Tillie afkom waar sy langs ʼn put gelê het. Hulle was baie verbaas om Phoebe in die put te sien. Phoebe en Tillie is kort hierna met hul eienaar herenig.

“Dit is ʼn wonderlike storie van Tillie wat ʼn ware vriend en held is,” het Carey aan CBS News gesê. “Dit wys ook hoe belangrik dit is om nooit op te gee nie.” Die storie is duisende kere op sosiale media gedeel en die media het wêreldwyd daaroor berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peet Schabort ·

Uitsonderlik ? Nee, ek glo dat selfs diere vir mekaar omgee. Die ‘dier’ wat aangestel is oor al die ander diere faal té veel kere in sy optrede teenoor ander ‘diere’ wat sy gelyke is maar ongelukkig ook teenoor daardie diere ondergeskik aan hom/haar waarna hy/sy moet omsien. Hierdie ‘dier’ is natuurlik die mens wat werklik erger as ‘n dier kan optree.

Gerhardt ·

Bly uitsonderlik! Soos Peet se, die mensdom kan bietjie leer hier.

Lodewyk ·

Pragtig en dit wys weer dat dit die mens se beste vriend genoem kan word. Hulle kyk selfs na hulle eie ras (honde ras). Hy/sy het aangehou totdat daar hulp gekom het om sy maatjie te red.

My hond het my eendag kom waarsku deur by my te kom blaf waar ek tuin natspuit en dan om die huis terug te draf. Met nadere ondersoek kom ek toe agter dat die water deur `n klein gaatjie uit die tuinslang spuit. dit wys dat diere soms besef daar is fout en jou waarsku maar dat die mens soms te selfsugtig is en nie ander sal waarsku as daar iets verkeerd is nie.

Pierre Celliers ·

Mense onderskat honde se inelligensie, groooot fout!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.