Wanneer word daar gewerk?

Argieffoto (Foto: rawpixel, Pixabay)

Ons almal se produktiwiteitsvlakke wissel deur die loop van die dag en dis baie moeilik om die hele jaar lank elke dag agt ure aaneen intensief te konsentreer.

So wanneer word werk regtig gedoen en wanneer is mense hul produktiefste?

Redbooth, gratis taak- en projekbestuursagteware vir besige spanne, het met die datamaatskappy Priceonomics saamgewerk om te bepaal wanneer word die meeste werk gedoen. Redbooth-gebruikers het meer as 1,8 miljoen projekte en 28 miljoen take voltooi sedert die sagteware bekendgestel is.

Redbooth wou weet: Wanneer handel ons meeste take af? Watter dae van die week is die produktiefste? Wat van maande of selfs seisoene?

Hier is die uitslag:

• Op ʼn gewone dag word meeste take (9.7%) teen 11:00 afgehandel
• Produktiwiteit neem af ná middagete en is op die laagste teen 16:00
• Meeste take (20.4%) word op ʼn Maandag afgehandel
• Vrydae is die minste produktief (16,7%)
• Byna niks word oor naweke gedoen nie (Saterdae en Sondae 4.7%)

Die meeste take (9.5%) word in Oktober afgehandel, die minste (7.2%) in Januarie.
Herfs is die besigste seisoen en winter (22.8%) is die minste produktief.

Onthou, almal werk verskillend – so hierdie gemiddelde is nie noodwendig op almal van toepassing nie.

Lees meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Valie. ·

Dit is seker Europese of Amerikaanse statistieke. Hulle reken herfs is die besigste tyd maar die grafieke dui op die Suidelike halfrond se lente, en die noordelike halfrond se herfs.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.