Wat is fout met dié foto? Advertensie wéér gewild

Predictor

Predictor

ʼn Advertensie van ʼn Nederlandse maatskappy uit 2011 doen weer die ronde op sosiale media omdat die foto óf ʼn groot flater was, óf slim bemarking.

Die advertensie bemark ʼn vroeë swangerskaptoets en dit blyk dat die egpaar in die foto na een van dié swangerskaptoetse kyk. Dit is egter baie duidelik dat die vrou reeds ʼn paar maande lank swanger is.

Alex Romero het die foto op Twitter gelaai en geskryf: “Sy is geskok dat sy swanger is? Haha!”

Die plasing is deur meer as 19 000 persone gedeel en meer as 20 000 persone het van die foto gehou.

Verskeie sosialemediagebruikers het reageer op die foto en die een persoon het geskerts, “dalk is hulle geskok omdat dit negatief is”, ʼn ander skryf, “die vrou is 8 maande te laat om geskok te wees”.

Die advertensiemaatskappy Etcetera, in Nederland, se slagspreuk lui, “besonder doeltreffend”, en dit is duidelik dat hul kreatiewe advertensie mense aan die praat gekry het, selfs ses jaar later.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Misverstand ·

Ek dog dit is ‘n toets wat die baba se geslag voorspel – daarvandaan die naam ‘predictor’.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.