Wat maak die gaatjie daar?

Skermgreep uit die video

ʼn Man se verduideliking oor die ekstra vetergaatjie op jou hardloopskoene beïndruk kykers.

Sommige drawwers het laat weet dat hulle nou eers ontdek wat die doel van dié ekstra gaatjie is. Hulle kan nie wag om dit uit te toets nie en is oortuig hulle gaan vinniger kan hardloop.

Nico Felich, ʼn universiteitstudent wat passievol oor fiksheid is, het sy video op TikTok gedeel en sê hy “kan nie glo” hy het nou eers van dié wenk te hore gekom nie.

Hy verduidelik die tegniek verseker dat jou skoen nie van jou hak af sal gly nie.

Ryg jou veters soos gewoonweg, maar ryg dan die punt van die veter terug in die skoen deur die boonste gaatjie. Doen dieselfde aan die ander kant. Jy het dus nou twee lussies aan weerskante.

Ryg nou die veterpunte deur die teenoorgestelde lussie en knoop jou skoen soos normaalweg.

Jy behoort dadelik ʼn verskil te voel in hoe styf die skoen aan jou voet sit.

Dit sal na verwagting verhoed dat jou skoen teen jou hak skuur en jy só blase of beserings opdoen.

“Ek het dit nooit geweet nie, dankie!” skryf een kyker. “As mens hokkie speel en sukkel om jou veters vas te maak, dan kan mens hierdie tegniek probeer!” skryf nog iemand.

“My afrigter het my verlede jaar gewys,” verduidelik ʼn derde persoon.

@nicofelich

I can’t believe i just learned about this #foryoupage #foryou #4up #run #runners #runner #tips #tipsandtricks #runningshoes

♬ CAREFUL – NF & Cordae

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Boksombende ·

Mooi. Ek dink dis goed van die jong man om te deel wat hy geleer het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.