Wat op aarde? Foto laat mens kopkrap

(Foto oorspronklik op Reddit gedeel)

ʼn Ma se foto van haar dogter wat skynbaar in die plaveisel “wegsak”, laat internetgebruikers kopkrap.

Die ma het die foto geneem en was geskok oor die optiese illusie wat dit laat voorkom of haar dogter in die grond wegsak. Sy het dit aanlyn gedeel om te hoor of mense kan uitwerk wat regtig aan die gang is.

In die optiese illusie kan die jong meisie gesien word, maar mens kan slegs haar kop en skouers sien – die res van haar lyf is onverklaarbaar in die plaveisel weggesak, langs ʼn stuk grasperk.

Sommige gebruikers het gesê hulle moes eers lees wat ander gesê het voor hulle dit kon ontrafel. Ander het geraai dit is dalk ʼn tegniese fout wat ingesluip het. Een gebruiker het gewonder of dit dalk ʼn gat in die grond kon wees.

Maar tussen die duisende kommentare was daar een wat die raaisel korrek ontsyfer het: die meisie staan agter ʼn muurtjie. Die voorgrond van die foto (grasperk) is deel van ʼn hoër plato en sy staan agter die muurtjie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Raakvatter ·

Cool, ek het eers geraai sy sit op haar knieë en haar broek is dieselfde kleur as die skaduwee.

Misky ·

Wow, ek moes omtrent nou mooi kyk voordat ek die muurtjie kon raaksien. Goeie kopkrap foto

Sêmanet ·

Die muurtjie en die plaveisel is van dieselfde soort klip gebou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.