Die jongste optiese illusie wat soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei, is ʼn foto van ʼn kat wat met die eerste oogopslag lyk of dit ʼn kraai is.
Alhoewel voëls en katte glad nie dieselfde lyk nie, het dié foto van ʼn kat heelwat mense al laat kopkrap.
As jy vinnig kyk, lyk dit kompleet soos ʼn kraai met ʼn skerp snawel, maar as jy mooi kyk, dan sien jy dit is ʼn kat wat met sy kop skuins agtertoe na die kamera kyk.
Robert Maguire, navorsingsdirekteur by Citizens for Ethics, het die foto op Twitter gedeel. Hy skryf: “Hierdie foto van ʼn kraai is interessant, want dit is eintlik ʼn kat.”
Een van sy volgelinge het kort daarna die foto op Google Images gelaai om te kyk of Google soortgelyke foto’s kan opspoor, en selfs dié aanlyn snuffelgids is verward en laat weet die naaste foto is van ʼn “American crow”.
Ander persone het egter diegene, wat verward is oor die foto, gespot en gesê dis baie duidelik ʼn kat. “Ek het dadelik ʼn kat gesien toe ek op die foto afgekom het,” skryf een van die gebruikers.
Nog steeds verward? Kyk hier:
Google reverse image search says… not just a crow, but specifically an american crow pic.twitter.com/bGETqRWki1
— Reed Mideke (@reedmideke) October 28, 2018
Vir my nogal duidelik n kat
`n Kat wat agtertoe kyk, baie envoudig.
Ek sien n konyn wat met n platgetrekte oor.
Dit is n kat wat agter toe kyk en die oor is terug getrek.
Alhoewel dit nou bekend is, dat dit ‘n swartkat is, lyk dit nog steeds vir my soos ‘n kraai……
Genade Zet. Lyk kompleet soos ‘n olifant!
Geen kat het so n oog nie. Fake news!!
Jy het seker nie katte nie! Swart katte se oë lyk so!
Katagterstevoor.