Watter kleur is die baadjie?

Die foto wat @ZAYNSMIND op Twitter gelaai het

Die foto wat @ZAYNSMIND op Twitter gelaai het

Nóg ʼn kledingstuk het sosialemediagebruikers in rep en roer: is die baadjie nou swart en goud of blou en wit?

Dis byna ʼn jaar nadat ʼn foto van ʼn rok ʼn opskudding veroorsaak het toe mense begin stry het oor die kleur van die rok: of dit nou wit en goud of swart en blou is.

Die Twitter-gebruiker @ZAYNSMIND het ʼn foto van dié Adidas-baadjie op Twitter gelaai en die gesprek het veral vlam gevat toe “Poppunkblogger” dit op Tumblr gelaai het met die woorde: “Ek haat dit om weer ʼn nuwe blou/swart, wit/goud-rokdebat te begin, maar my vriendin sê hierdie baadjie is wit en blou en ek sien swart en bruin. Vertel my asseblief wat jy sien.”

Andrew Richard, ʼn illustreerder by Buzzfeed, het van Photoshop gebruik gemaak om die kleure elektronies te analiseer. Volgens die program is die kleure turkoois en goud.

Watter kleure sien jy?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Kate ·

Dis verseker turkooise en silver.
LOL, dat ‘n kleur nou so moeilik kan wees.

Eliza-beth ·

Blou-grys met snaakse pienk-wit kleur motief. Maar, moet ek byvoeg as ek my laptop kantel is die baadjie baie meer swart! Interessant!

Suzette ·

Ha ha nou lekker vir jul kommentare gelag. My kop skoon deurmekaar. Al wat ek weet is dat ek nooit so lelike baadjie naby my wil he nie. Jy gaan nooit die kleur kan vasstel nie dis oud, verweer en aaklig verby!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.