Verkies jy jou piesangs nog effe groen, bruin, sappig of iets in die middel?
Jy dink daar is dalk net een regte antwoord, maar ʼn aanlyn debat oor die perfekte piesang wys daar is ʼn verskeidenheid van menings oor die regte tyd om ʼn piesang te eet.
ʼn Plasing op Instagram deur fitness_meals het byna 2 000 kommentare uitgelok. Die verskillende piesangs is genommer van 1 (nog glad nie ryp nie) tot 15 (oorryp).
Meeste persone verkies enigiets tussen 8 – 10, terwyl sommige 6 of 7 gekies het en sommiges het selfs 11 verkies.
Watter een verkies jy?
Huh?
Hoe meer bruin spikkels op ‘n piesang se skil, hoe gesonder is die piesang; 10 – 12 vir eet en 13 – 15 vir piesangmelkskommel / “smoothie” / piesangbrood.
Dit hang af van die situasie waarin jy is, as jy potassium nodig het is n ryp piesang van 10 – 12 meer voordelig. As jy n diabeet is sal piesangs van 3-5 beter wees om te eet want die suiker inhoud is dan nie so hoog nie. As jy n lekker piesang brood wil maak dan moet die piesang amper heeltemal swart wees.
Inderdaad Nika
Potassium (Ka) = Kalium
Beste Nika en Jacques: Potassium (Engels) = Kalium (Afrikaans)(simbool K).
Dankie. Die kommentare het vir my meer waarde as die berig self. Ten minste is hier nuttige praktiese inligting!
8 vir eet, 15 vir bak
so ‘n pap piesang is baie lekker in ‘n vrugte drankie
9 en 10
Vanaf 5 tot 7
Gee vir my nr6 asseblief
6 – 7
10 is ‘n goeie keuse om te eet en om iets van te maak.
Ek sal 10,11 en 12 vat.
3 – 6
My vraag aan alle Suid-Afrikaners:
“Welke keuse gee die beste waarde vir geld: a) ‘n klein piesang of b) ‘n groot piesang?”
Al ooit daaraan gedink?
10 tot 12 met 11 as perfek
Die 1 wat beskikbaar is☺
Ek dink 11 sal lekker wees.
6 is die lekkerste
Vergeet piesangs….wat van n dop?
Glo daar is n piesang liqueur vir jou Kobus. Ja, ek verkies my groete en vrugte weer in gebak, appeltert, wortelkoek, piesangbrood, blueberry muffins, pampoenbeskuit ens. So maak nie saak watse piesang, so lank hy in n tert, koek, brood of smoothy is. Yum-yum
10 – 15
11 -15 ek dink die voedingswaarde is dan hoër as groenis