Watwou! ʼn Vlieënde skip

Foto: Dave Medlock/Facebook

ʼn Foto van ʼn yslike passasierskip wat skynbaar in die lug dryf aan die Cornwall-kuslyn is nog ʼn voorbeeld van ʼn ongelooflike optiese illusie.

Dit wil byna voorkom of die skip nie aan swaartekrag blootgestel is nie waar dit bo die oppervlak van die see dryf. Dave Medlock het dié bisarre verskynsel gesien toe hy oor die naweek met sy hond gaan stap het.

Die skip was natuurlik in die water en dit het net gelyk of dit in die lug dryf weens ʼn lugspieëling. Die effek word veroorsaak deur ligstrale wat buig en dit lyk dan asof die beeld hoër is as wat dit werklik is. Dit gebeur wanneer die lug onder die siglyn kouer is as die lug wat bo die siglyn is.

Dié lugspieëling is van die P&O-passasierskip aan die kus van Lyme Bay, Devon.

Nog foto’s van die verskynsel is onlangs op sosiale media gedeel. David Morris het verlede week ʼn soortgelyke verskynsel gedeel, ook aan die Cornwall-kuslyn.

Colin McCallum het verlede week Vrydag ook in Banff, Aberdeenshire, ʼn rooi “vlieënde vaartuig” gesien. Volgens McCallum word die verskynsel op sy foto toegeskryf aan ʼn wolkformasie naby aan die kus wat die kleur van die water naby aan die kus verander het. Die boot, wat verder weg is, was in ʼn wolklose gebied en die lug het dus die see weerkaats en dit lyk of die boot in die lug dryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Annakapat ·

As jy die foto vergroot kan jy sien die boot is tog in die water maar dis nogal interessant.

Chantel ·

Darem verstommend hoe mens se oë kan smokkel met jou brein.

Stof ·

Die vliënde Hollander is terug.
Sommer lus om weer die griffelspiere oefening te gee na hierdie inspirasie-kiekies.

RS ·

Het die mense nog nooit van “lugspieëling” gehoor nie. In engels is dit “mirage”.

Misky ·

Ek sal darem vir my in n ander bloed groep in skrik as ek op die strand stap en n vlieende skip kom verby gevaar – ha ha ha ha

B-Man ·

Dit gebeur met die son en maan ook. ‘n Mens sien eintlik elke oggend die son opkom nog voor hy regtig oor die horison is. Dit is ook hoekom die son en maan groter lyk nader aan die horison maar kleiner op hul hoogtepunte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.