Weerberig per ongeluk ʼn groot grap weens FB-filters

Justin Hinton tydens die uitsending (Skermgrepe uit die video)

ʼn Verslaggewer het nie besef hy het allerhande vreemde “maskers” op sy gesig tydens ʼn regstreekse weerberig nie.

Justin Hinton, van WLOS ABC 13, was salig onbewus daarvan dat hy tydens sy uitsending oor sneeu in Noord-Carolina onder andere soos ʼn kat, ʼn ruimteman en ʼn Olimpiese atleet gelyk het en in ʼn stadium selfs met ʼn pers snor gespog het.

Dit was eers toe hy ná die uitsending na die kommentaar kyk, dat hy vrae gesien het oor sy “vreemde gesig”. “Wag, Misty, het ek ʼn vreemde gesig gehad?” wil hy weet. “Nou is ek opgewonde om die video te sien om te kyk wat met my gesig gebeur!”

Justin het later op sosiale media gelag oor sy flater. “Net voor ek met my regstreekse uitsending op WLOS ABC 13 se Facebook-rekening begin het om oor die sneeu te praat, het ek op ʼn manier ʼn filter aangeskakel. Die fotograaf het iets gesê oor vreemde gesigte, maar het nie uitgewy nie, so ek het gedink dit sou waarskynlik weggaan,” het Justin verduidelik. “Ek het eers ná die tyd op die kommentaar gesien mense praat oor die gesigte. My base, kollegas, vriende en talle ander het my laat weet hoe snaaks dit was. As jy nie vir jouself kan lag nie, wat is dan die doel met lag? Ek hoop julle het die sneeudag geniet – en onthou om te glimlag en te lag!”

Facebook Live blooper

When you're trying to do a serious Facebook Live about the weather and you accidentally tap the Mystery Mask filter. Poor Justin Hinton. ????More on this story: http://bit.ly/2PexYkK

Posted by WLOS ABC 13 on Thursday, February 20, 2020

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Porseleintjie ·

Kan al die media berigte tog nie maar soveel humor hê nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.