Weggooi-hondekind leer wêreld ʼn waardevolle les

Picasso en Pablo (Foto: Facebook)

Picasso en Pablo (Foto: Facebook)

ʼn Hond met ʼn skewe gesig, ʼn krom kaak en ʼn gedraaide neus is nie op elke hondeliefhebber se wenslysie vir ʼn volgende hondekind nie, maar selfs dié woef het diep in die hart van ʼn barmhartige samaritaan gekruip.

Die twee hondeboeties, Picasso en Pablo, is 10 maande terug in die agtertuin van ʼn hondeteler se erf gebore. Picasso het ʼn aardige en skewe gesig en niemand wou hom koop nie. Pablo is verkoop, maar ʼn paar dae later het die gesin hom weer teruggebring.

Picasso en Pablo se name is geskoei op ʼn skildery van Pablo Picasso, juis omdat Picasso se gesig so vreemd was.

Die hondeboeties is agt maande later deur die eienaar afgelaai by ʼn sorgsentrum vir diere. Picasso en sy broer se toekoms was sonder hoop: hulle sou van kant gemaak word.

Picasso (Foto: Facebook)

Picasso (Foto: Facebook)

Liesl Wilhardt het egter ʼn foto van hierdie hond te siene gekry en dit was liefde met die eerste oogopslag.

Wilhardt is die uitvoerende direkteur van Luvable Dog Rescue in Oregon in die VSA. “Ek het met een van die vrywilligers gepraat oor honde wat ons ontvang en uit die bloute gevra of daar enige ongewone honde is, of een met spesiale behoeftes.”

Die vrywilliger het vir haar ʼn foto van Picasso aangestuur. “Hy was opgekrul in ʼn hondebed en het hartseer gelyk. Sy skewe gesig was ontstellend, maar die hond het sagte oë gehad – en dit was liefde met die eerste oogopslag vir my.”

Wilhardt het vir Picasso en Pablo geneem na Luvable Dog Rescue. Picasso gaan nou ʼn operasie kry vir gesigsrekonstruksie.

Sy het die storie op sosiale media gedeel en Picasso het intussen beroemd geword. Wilhardt vertel dat sy al ongeveer R25 000 ontvang het van diereliefhebbers oor die wêreld, wat graag wil bydra vir haar sorgsentrum.

“Picasso kan ander leer dat dit wat ons gemeen het, belangriker is as die verskille tussen ons. Mense is dieselfde, maak nie saak waar hulle vandaan kom of hoe hulle lyk nie, ons is dieselfde,” sê Wilhardt. “Hy is totaal onbewus van hoe hy lyk en oordeel nie homself of ander honde op hulle uiterlike nie.”

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Dellaq ·

Wat ‘n pragtige storie en ‘n pragtige hond. ‘n baie besonderse les wat ons mense hieruit kan leer…

vierkleur ·

n mens se beste vriend, maak nie saak hoe hy lyk nie. Maroela, kan ons donasies van SA maak om te help? Kan julle dalk besonderhede plaas ?

Lizelda Jv Rensburg ·

Picasso, jy is pragtig en uniek. Mag jou toekoms net mooi dinge inhou. Dankie aan die vrywilliger wat hom raak gesien het. :-)

Tania ·

Die vrou het ‘n hart van goud. Ek wens daar was meer sulke mense dan sou ons dierekinders almal ‘n wonderlike lewe op hierdie aarde gehad het. Dankie vir die wat omgee mag jul geseen word.

amvi ·

Liesl Wilhardt is ‘n spierwit engel en Picasso en Pablo is pragtig. Hulle vorige eienaar behoort hom te skaam. Picasso is mooier as sekere mense in politiek. Ek stem natuurlik glad nie saam dat alle mense dieselfde is nie. Hoop Picasso se operasie maak sy lewetjie nog voller as wat dit nou is.

Janie Monsieur ·

Dagsê amvi,

Dankie vir jou navraag. Die welsynsorganisasie is in Oregon in die VSA. Ons stel voor dat jy hulle direk kontak op hulle webwerf: http://luvabledogrescue.org/ Daar is ook besonderhede beskikbaar oor donasies.

Ons kan ongelukkig nie enige aanspreeklikheid aanvaar vir enige betalings wat aan die organisasie gedoen word of vir die geloofwaardigheid van die organisasie nie.

Daar is talle Suid-Afrikaanse welsynsorganisasies, waaronder die DBV of DARG wat ook fondse en donasies benodig, indien jy graag ‘n verskil wou maak in weggooidiere se lewens.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

m ·

Dis so mooi storie en kry skoon knop in my keel. Daar is soveel diere wat weggegooi word. Ten minste het hierdie dier n goeie huis en baie liefde.

Ada ·

Ag shame, die arme hond. Ek hoop hy kan eet. Dankie vir al die hulp met hierdie dierbare hond.

Ekke ·

Ja ek het ook n dogter met n gebrek. En sy kry nie werk nie, want haar uiterlike word beoordeel. Dankie vir mense soos die. Mag jul geseën word.

Grotman ·

Dis vir my waarlik die mooiste twee diere wat ek al gesien het. Hulle is 100% perfek. Dis so waar! Diere oordeel nie mekaar agv uiterlike skoonheid. Ons mensdom het baie om te leer.

Amanda ·

Maroela. Hoekom sit julle die foto op die voorblad. Agge nee. Daar is genoeg elende dat julle dit nog in my brein inbrand.

ElgeraineR ·

Dit maak my hart so bly dat Picasso aangeneem is, hy is te pragtig vir woorde!

JB ·

Ai, sommer in trane nou!Ons ou mensdom het so baaaie te leer uit die berig. Uiterlike nie die belangrikste nie!!!!

Helene ·

Pragtige honde. So bly vir die Engel wat hulle raakgesien het. My hart klop warm!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.