Weghol-bagasie laat internet giggel

Skermgreep uit die video

Het jy dalk al self jou bagasie by die lughawe verloor of gehoor van iemand wie se bagasie spoorloos verdwyn het? Hier is een antwoord wat dalk gebeur het: jou tas het besluit om self op reis te gaan.

ʼn Video wat deur ViralHog gedeel is, wys hoe ʼn tas op die aanloopbaan in Dallas, Texas in die VSA wegrol. ʼn Vragmotor ry verby die tas, maar hou nie stil om dit op te laai nie. Die tas rol vinnig verder voor ʼn paar ander voertuie die tas nader.

Die voorval het op 8 November vanjaar plaasgevind. “Die wind het dié dag gewaai. Ek was in ʼn klubkamer op die lughawe by DFW- Internasionale Lughawe toe ek gesien het hoe ʼn tas van ʼn bagasietrollie afval,” het die persoon geskryf wat die video gedeel het. “Die tas het op sy wieletjies beland en byna ʼn minuut lank in ʼn reguit lyn bly rol voor grondbemanning dit opgelaai het.”

“Dís wat met verlore bagasie gebeur,” het iemand in die kommentaar geskryf. “Dit het letterlik weggerol.”

“Dis baie snaaks gegewe hoe halsstarrig wieletjies op tasse kan wees,” skryf ʼn ander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Misky ·

Daai tas is so bang sy eienaar gaan sonder hom op vakansie en laat wiel om nie agter te bly nie – ha ha ha ha

Conrad ·

Nie gedink “weghol-bagasie” gaan in my nuusvoorkeure vir die dag wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.