Wegneemkos bestel sodat afleweraar spinnekop kan takel

Joe en die spinnekop (Foto: Demi Sweeney, Twitter)

Demi Sweeney, ʼn 22-jarige kriminologiestudent in Bournemouth, Engeland, was só bang vir ʼn spinnekop in haar huis, dat sy ʼn dapper afleweringsman met ʼn wegneemete bestel het.

Demi het op sosiale media kontak gemaak met die maatskappy en wou weet of die afleweringsman haar sou kon help met ʼn spinnekop in haar huis. Die maatskappy het voorgestel dat sy ʼn nota by haar bestelling moes plaas – maar hulle kon nie waarborg dat die afleweringsman dalk net so bang sou wees vir spinnekoppe nie!

Sy het kos deur Deliveroo bestel en Joe het met haar kos en sy heldhaftigheid opgedaag. Hy was ook bang vir spinnekoppe, maar het besluit om die agtvoetige dierasie te trotseer.

Volgens Buzzfeed het Sweeney Joe “omtrent 50 keer bedank” vir sy heldedaad.

Deliveroo het op Demi se sosialemediaplasing reageer en gesê hulle sal Joe beloon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Nettie ·

Sowaar ………. kyk, ek is bang vir s-s-s-spinnekoppe en verál vir s-s-s-s-slange, maar só bang vir só ‘n ou klein spinnekoppietjie (mens kan dit dan nie eens op die foto sien nie!), dít is ek darem nie.

As dit nou ‘n rooi roman was ….. of ‘n geelslang ……. eh …… jy’t net die stof in die lug sien hang soos ek weggehol het!

Netta ·

Jy besef die size van die spinnekop maak nie saak nie ne, die mees gevaarlikstes is juis klein. Jys dalk net bang, maar dié girl het n fobie. Gróót verskil.

SPINNEKOP ·

Die spinnekoppe wat by my huis insluip is so groot dat ek onder ‘n muskietnet slaap en selfs dan voel ek hulle oor my hardloop as ek te naby aan die net le.

Uvonka ·

Nee kyk, ek sou my deur suutjies toegetrek het en gaan uitslaap! Grillerig!!!!!

marianna ·

Nettie ‘n rooi roman is nie gevaarlik nie kry baie van hulle rond my huis.
Hulle familie van die mier.

Johann ·

Nee Marianna hulle is nie familie van die mier nie, hulle is Solifugae van die Arachnidae klas , selfde klas waaronder spinnekoppe en skerpioene val.

Uvonka ·

Hulle lyk net soos miere op steroids Marianna maar hulle is spinnekop se kind. Hulle is wel nie gevaarlik nie, eet blykbaar net jou hare maar kyk, as ek een teekom, spin ek myself toe met jy weet wat!!!!!!!

andre ·

Hoor nou die nag stemme in die kamer, “eet ons hom hier of vat ons hom buite toe?” toe n ander stem “eet hom hier, as ons hom uitvat, eet die grotes hom” toe ek die lig aansit toe is dit 2 spinnekoppe wat teen die plafon sit en my dophou. dis hoe groot hulle hier word.

Jaco ·

Spinnekop lyk verbasend baie soos ons bekende swart knopies spinnekop.

Vir gesonde volwassenes nie juis lewensgevaarlik nie, maar baie beslis nie iets om mee te speel nie.
Hospitaalbehandeling kan jou voorland wees.

Sêmaarnet ·

Neeee gits! Ek is opslag dood as ‘n roman of enige sort spinnekop aan my hare vreet!

Karin ·

Aan al die dapperes en banges wat reeds kommentaar gelewer het: Kom kuier by my in die Laeveld in die somer en kom kyk hoe lyk ons ‘kuiergaste’. Dis soos Texas hier: Alles is dalk beter, maar die goggas, insluitend spinnekoppe, is ook groter!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.