Wenkbroue lig oor vrou se redes vir drie verloofringe

Argieffoto (Foto: Barbara Jackson/Pixabay)

ʼn Vrou het erken dat sy haar man gevra het om drie verloofringe te koop en haar redes laat sosialemediagebruikers se wenkbroue lig.

Die vrou het verduidelik haar eerste verloofring was silwer met diamante, voor hy ook ʼn goue ring en een van roosgoud gekoop het.

Die vrou het op ʼn Facebook-groep, That’s it, I’m Proposal Shaming, gesê sy is baie kieskeuring met haar juwele – alles moet bymekaar pas.

“As ek silwer dra, dan moet dit silwer wees; as ek goud dra, dan moet dit goud wees; as ek roosgoud dra, dan moet dit roosgoud wees.”

Lede van die groep het haar egter beskuldig dat sy “bederf” is en “te veel aandag verg”.

“Meisies, as jou man jou nie lief genoeg het nie, maak seker jou OKS [obsessief-kompulsiewe steuring] maak jou nie mal as jy ʼn nuwe man soek nie,” het die vrou bygevoeg.

Die lede van die groep het hul afkeur uitgespreek. “Dis nie OKS nie. Dis ʼn bedorwe brokkie en iemand wat te veel andag soek.”

Nog iemand het gesê: “My innigste simpatie … met jou man. Die ring is nie belangrik nie, dis die liefde wat saak maak en die betekenis agter die ring. Ek dink jy is net ʼn bedorwe brokkie. Ek ken mense met OKS, en hierdie is nie dit nie.”

“So vlak soos ʼn plas water,” was nog iemand se mening.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Sarah ·

Meisiekind, ek verstaan die OCD, maar dis so bietjie pushing it… Jy weet natuurlik jy gaan nie so fancy trouring kan kry as jy verwag hy moet een vir elke mood koop nie…

Annelie ·

Well done!!! Nou weet jy verseker dat hy vir jou kan sorg!
Indien my dogter die dag verloof raak, wil ek eers kyk na die knaap se banksake!
Ek sien dit nie as bederf of iets nie…. voor daar kinders gebôre word, moet hul n huis, twee voertuie en n stewige spaarplan hê

Vrijburger ·

Net ‘n vraag – Wat bring jou dogter na die tafel? Waarop kan haar aanstaande skoonma aandring?

Om jou logika te gebruik – dalk moet aanstaande skoonma eers aandring dat jou dogter bewys dat sy kan voortplant?

amapinki ·

Mens trou vir die liefde, nie vir geld nie. Ouers moet hulle neuse hou uit hulle kinders se liefdeslewe. Dit is hoe baie huwelike op die rotse loop, van inmengery van ouers en skoonouers.

ooknetmens ·

My bankbalans en salaris is heelwat meer en groter as my man s’n. Ek het met my man getrou vir liefde, nie vir geld nie. Dis die 21stw eeu. Jou dogter kan haar eie fortuin maak en nie dit van ‘n man verwag nie.

George ·

Nee ek dink jy druk jou neus teveel in jou dogter se lewe.

Snowball ·

Ek dog mens trou vir liefde? Ek het. Die ring, die kar en huis en bankbalans is wêreldsgoed. Al die materiële goed het in elk geval gebeur, deur genade en harde werk.

‘n Mens hoop maar die troukoeie wat hulleself ruil v aardse goed is darem die mans se geld werd.

amapinki ·

Sodra daar maer jare (geldelik) kom, los die vrou in die artikel haar man soos ‘n warm patat.

Japsnoet ·

Sjoe so hartseer dat wereldse goed so saak moet maak. En almal wat wil he n man moet n stewige bankbalans en n string karre asook n huis he as hy met jou dogter trou maak my so hartseer. Jy verkoop nie jou dogter nie en weet jy, wat van as hy alles en nog wat het maar sy word uit mekaar geslaan wat betekin al daardie mooi en vermakerige goed dan? Of wat van as iets gebeur en die geld en weelde word in n oogwink verloor wat bly oor van die huwelik of gaan jy haar dan weer terug vat en onderhou? Nee mense kyk liefde aan mekaar en aan GOD is wat n huwelik laat staan al eet mens soms net pap of n broodjie van swaar trek want as jy liefde het betekin daaardie arm man kos soveel meer as n weelderige bord kos. My ouma het altyd gese my kind as jy liefde het is jy ryk want liefde en droë brood is veel smakliker as n koningsbord kos en ongelukkige lewe. En vandag is ek gelukkig getroud en onthou altyd haar woorde want dit was so waar.

Annelie ·

Ek staan by my standpunt!!!!!! My dogter se skoonma kan maar na haar bankbalans kyk en ja, sy kan maar aanvra net wat sy wil… My dogter se standaarde is hoog. …en nee, ek meng glad nie in nie… Elke ouer wil verseker die beste vir hul kinders hê

Gawie ·

Maroela, die sin oor die OKS is nie reg vertaal nie. Moes dit nie eerder gelees het: “Meisies, as jou man jou nie lief genoeg het om seker te maak jou OKS raak nie buite beheer nie, dan het jy ‘n nuwe man nodig.”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.