Wenners van die Oscar-toekennings

Ellen DeGeneres se selfie saam met 'n paar van die rolprentsterre

Ellen DeGeneres se selfie saam met ‘n paar van die rolprentsterre

‘n Lokprent van die rolprent Gravity volg onderaan die berig. Die 86ste Academy Awards, beter bekend as die Oscar-toekennings is Sondagaand tydens ʼn glansgeleentheid in Amerika uitgeloof.

Die rolprent Gravity met Sandra Bullock en George Clooney het met sewe toekennings weggestap.

Ellen DeGeneres, wat as gasheer vir die aand opgetree het, het deur die loop van die aand ‘n selfie saam met ‘n paar van die sterre geneem en op haar Twitter-rekening (@TheEllenShow) geneem (sien foto hiernaas). Dié foto is die afgelope drie ure reeds meer as 2.2 miljoen keer op Twitter van haar rekening af gedeel. Ellen DeGeneres, Bradley Cooper (wat die foto geneem het), Meryl Streep, Julia Roberts, Brad Pitt, Angelina Jolie, Kevin Spacey, Jennifer Lawrence, Lupita Nyong’o (wat oomblikke later ʼn toekenning ontvang het as beste vroulike rolspeler in die rolprent Twelve Years a Slave) en Channing Tatum is op die foto te sien.

Hiermee die lys van wenners:
Beste rolprent: 12 Years a Slave
Beste akteur: Matthew McConaughey (Dallas Buyers Club)
Beste aktrise: Cate Blanchett (Blue Jasmine)
Beste manlike byspeler: Jared Leto (Dallas Buyers Club)
Beste vroulike byspeler: Lupita Nyong’o (12 Years a Slave)
Beste tekenprent: Frozen (Chris Buck, Jennifer Lee, Peter Del Vecho)
Beste rolprentwerk: Gravity (Emmanuel Lubezki)
Beste kostuumontwerp: The Great Gatsby (Catherine Martin)
Beste regie: Gravity (Alfonso Cuarón)
Beste dokumentêr: 20 Feet from Stardom (genomineerdes sal bepaal word)
Beste kort dokumentêr: The Lady in Number 6: Music Saved My Life (Malcolm Clarke, Nicholas Reed)
Beste filmredigering: Gravity (Alfonso Cuarón, Mark Sanger)
Beste internasionale rolprent: The Great Beauty (Italië)
Beste grimering en haarstilering: Dallas Buyers Club (Adruitha Lee, Robin Mathews)
Beste oorspronklike klankbaan: Gravity (Steven Price)
Beste oorspronklike liedjie: Let It GoFrozen
Beste produksie-ontwerp: The Great Gatsby (Catherine Martin, Beverley Dunn)
Beste kort tekenprent: Mr. Hublot (Laurent Witz, Alexandre Espigares)
Beste kort aksieprent: Helium (Anders Walter, Kim Magnusson)
Beste klankredigering: Gravity (Glenn Freemantle)
Beste klankvermenging: Gravity (Skip Lievsay, Niv Adiri, Christopher Benstead, Chris Munro)
Beste visuele effekte: Gravity (Tim Webber, Chris Lawrence, Dave Shirk, Neil Corbould)
Beste aangepaste draaiboek: 12 Years a Slave (John Ridley)
Beste oorspronklike draaiboek: Her (Spike Jonze)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae