Tony Fisher van Engeland, ʼn raaisel-entoesias, het ʼn video op sosiale media gedeel nadat hy die wêreld se kleinste Rubik-kubus opgelos het.
Fisher hou die Guinness-wêreldrekord vir die grootste Rubik-kubus nadat hy een van meer as 150 cm hoog opgelos het.
In dié video los hy ʼn Rubik-kubus op van slegs 5,6 mm groot. Die vorige rekord was 5,9 mm, maar dit is egter nie amptelike rekords nie.
Hy verduidelik hy kon nie ʼn 3D-drukker kry om die kubus klein genoeg te maak nie, so hy het ʼn kubus, wat aanvanklik 6 mm groot was, gebruik en dit kleiner afgevyl.
Volg Fisher op Facebook of sy YouTube-kanaal vir nog interessante Rubik-raaisels en besoek sy webwerf.