Wêreld se ‘oudste’ hond dood

Argieffoto: https://pixabay.com

Argieffoto: https://pixabay.com

ʼn Australiese hond wat na bewering die oudste hond ter wêreld was, is in die ouderdom van 30 jaar dood.

Maggie, ʼn kelpie, is vroeër die week deur haar Australiese eienaar, Brian McLaren, dood op sy plaas naby die dorpie Warrnambool in die suidweste van Victoria aangetref. “Sy was 30 jaar oud en het verlede week nog goed gelyk. Sy het tussen die melkery en die kantoor geloop en vir die katte gegrom en so aan,” het McLaren aan News Corp gesê.

“Sy het net die afgelope twee dae skielik agteruitgegaan en gister toe ek huis toe is vir middagete het ek gesien … dit is nie meer lank nie.”

Maggie het verlede jaar beroemd geraak toe sy die koerant gehaal het as die oudste hond ter wêreld. Haar ouderdom kan egter nie geverifieer word nie omdat McLaren haar dokumentasie verloor het toe sy ʼn klein hondjie was.

McLaren sê egter hy het Maggie na hul plaas gebring toe sy jongste seun, Liam, vier jaar oud was. Liam is nou 34 jaar oud. “Ons was groot maats, ek en Maggie. Dit is regtig hartseer,” het McLaren gesê.

Hy het gesê Maggie was heeltemal doof, maar was tot op die laaste ʼn goeie waghond. Sy het in Oktober verlede jaar ʼn noue ontkoming gehad toe ʼn voertuig oor haar gery het terwyl sy in die pad gelê en slaap het. Sy het die voorval nietemin wonderbaarlik oorleef.

Die meeste honde leef tussen agt en 15 jaar. Honde wat langer as 20 jaar leef is baie skaars en is gewoonlik van die kleiner rasse. Volgens die Guinness World Records is die Australiese beeshond, Bluey die hond wat die oudste geword het en wat vir 29 jaar, van 1910 tot 1939, geleef het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

KLEIN ·

Geen getrouer vriend as `n hond. Hoe moet die eienaar voel.

Hannelie ·

Rus in vrede. Ai ek wil my nie indink as my hond of kat moet doodgaan nie. Mens raak so geheg aan hulle.

peter ·

I parents bought 5 cats from a pet shop in Westville in 1995. All were from the same batch kittens. They are still alive and will be 21 in August this year. Old age but what a blast they are!
ONly pleasure each and every day. I simply adore them …..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.