Wêreldrekord-tand: Tandmuis sal sy oë nie glo nie!

Curtis Buddie en dr. Scott Bossert. Foto: Guinness World Records

ʼn Tienjarige hou nou die rekord vir die langste melktand en dié tand sal selfs die tandmuis na sy asem laat snak.

Curtis Buddie van Ohio in die VSA het die Guinness‑wêreldrekord vir die langste melktand verbeter met sy tand wat 2,4 cm lank is. Die vorige rekord is in 2005 aangeteken met ʼn melktand van 2 cm.

Volgens Chris se ma, Jessica Buddie, is haar seun erg in sy noppies dat sy melktand vir hom ʼn wêreldrekord in die sak gebring het.

“Curtis is in gr. 5 en dit is omtrent die opwindendste ding wat nog die jaar met hom of sy klasmaats gebeur het. Om te sê dit was ʼn opwindende gebeurtenis vir Curtis en ons familie is om dit ligtelik te stel,” het sy aan Guinness World Records gesê.

Curtis se tand is deur dr. Scott Bossert by The Gentle Dentist in Columbus, Ohio, verwyder en het hier ook vir groot opwinding gesorg.

Curtis skryf sy nuwe rekord daaraan toe dat hy baie melk drink en sy tande toelaat om net aan te hou groei.

Die melktand wat Curtis in die rekordboeke laat beland het. Foto: Guinness World Records

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.