ʼn Tienjarige hou nou die rekord vir die langste melktand en dié tand sal selfs die tandmuis na sy asem laat snak.
Curtis Buddie van Ohio in die VSA het die Guinness‑wêreldrekord vir die langste melktand verbeter met sy tand wat 2,4 cm lank is. Die vorige rekord is in 2005 aangeteken met ʼn melktand van 2 cm.
Volgens Chris se ma, Jessica Buddie, is haar seun erg in sy noppies dat sy melktand vir hom ʼn wêreldrekord in die sak gebring het.
“Curtis is in gr. 5 en dit is omtrent die opwindendste ding wat nog die jaar met hom of sy klasmaats gebeur het. Om te sê dit was ʼn opwindende gebeurtenis vir Curtis en ons familie is om dit ligtelik te stel,” het sy aan Guinness World Records gesê.
Curtis se tand is deur dr. Scott Bossert by The Gentle Dentist in Columbus, Ohio, verwyder en het hier ook vir groot opwinding gesorg.
Curtis skryf sy nuwe rekord daaraan toe dat hy baie melk drink en sy tande toelaat om net aan te hou groei.
Oom Olifant