Werksaanbod: Versorg dié kinders, ry ʼn Maserati

Argieffoto ter illustrasie Foto: Zagame Automotive Group

ʼn Gesin van Londen se advertensie vir ʼn pos om na hul vier kinders om te sien, word wêreldwyd op sosiale media gedeel weens die ongewone voordele vir die geskikte persoon.

Die gesin se advertensie is op ʼn kinderversorgingswebwerf gepubliseer vir ʼn hoogs gekwalifiseerde kinderoppasser met ʼn graad in kindersielkunde en ʼn minimum van 15 jaar ondervinding.

Die kinderoppasser moet egter bereid wees om ses dae per week te werk, 13 ure per dag (07:00 – 20:00) vir die vier kinders, ʼn tweejarige, vyfjarige, sewejarige en 15-jarige. Die kinderoppasser moet ook bereid wees om gereeld te reis tussen die gesin se vier huise in Londen, Barbados, Kaapstad en Atlanta.

“Dit is ʼn veeleisende rol,” lui die advertensie. “Ons kinders ontvang tuisskoolonderrig en hulle vereis deurgaans aandag en toesig, selfs wanneer hulle saam met hul onderwysers is.”

Die voordele sluit in dat die kinderoppasser saam sal smul aan etes wat deur ʼn Michelin-ster-sjef voorberei is, en het ook gebruik van die gesin se Porsche, Range Rover en ʼn Maserati.

Die kinderoppasser moet verkieslik ook reeds selfverdedigingsklasse geloop het, maar die gesin is bereid om opleiding te verskaf (dit is ononderhandelbaar).

Die salaris beloop £100 000 per jaar (byna R1,7 miljoen) en alhoewel daar reeds meer as 300 aansoeke ontvang is, het nog net ʼn handjievol aan die standaarde voldoen. Die gesin moedig enigiemand aan met die nodige kwalifikasies om aansoek te doen.
Sien die advertensie hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Fizz Pop ·

Wonder hoekom moet die kinderoppasser geskoold wees in selfverdediging?
Seker om haarself te beskerm teen die bedorwe klein terroriste wat sy moet groot maak.
Dennis The Menace kinders?! :)

Sulet ·

Dis seker vir as hulle Kaapstad toe kom… hahaha of om die arme bloedjies teen terroriste te beskerm?

Lientjie ·

Lyk nie of die ouers regtig betrokke is by die kinders nie. Lyk my die kinders sien die ouers net Sondae!

Dankbaar ·

Ek hoop regtig dat die kindertjies se mamma en pappa ook daar is om ook ‘aandag en toesig’ te gee en ‘saam smul’ …

Karma ·

Dalk is die rede hoekom self-verdedigingsklasse en ‘n graad in kindersielkunde nodig is – om ‘n hele spul bloeddorstige, onopgevoede, ongedissiplineerde terorriste-kinders op te pas en die kinders se pa van jou lyf af te hou?

Anni ·

I think they need a couple for this position! One person will hardly cope!! Goodness! They think the colour of money will make up for slavery!!??

Corra ·

Die ouers is duidelik welaf en ryk mense se kinders word OOK gesteel vir geld in ‘return’. Dalk daarom die nodige selfverdediging ervaring in dalk nood situasies?
Maar aangesien daar ñ chef is, hoekom dan nie maar ñ persoonlike sielkundige permanent aanstel nie en 5 bodyguards en 3 gekwalifiseerde susters ens ens ens nie?
“Maar nou ja, ander mense se boeke is duister om te lees….” lol…

Riaan ·

Ryk pa en ma wat te “besig” is vir hulle kinders…..Nu moet iemand anders hulle groot maak……
Ken ook sulke mense…Het hulle dogter in i skool in Switzerland ingeskryf te duurste…….Want die pa en ma hou van rond karjakker…
Op di ou end het di kind selfmoord gepleeg as gevolg van verlange na haar ouers in haar selfmoord brief…
En sy was i pragtige kind wat net gesmag het na ouer liefde…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.