Wie sou jy oplaai? Jou antwoord verklap dalk meer as wat jy dink!

Argieffoto

Argieffoto

Die antwoord op ʼn vraag wat ʼn maatskappy glo aan voornemende werknemers gestel het oor ʼn morele en etiese dilemma, verklap dalk meer van jou as wat jy dink.

Verbeel jouself: Een donker aand bestuur jy jou tweesitplekmotor toe jy drie persone by ʼn bushalte opmerk. Een persoon is ʼn ou tannie wat baie siek is, en besig is om dood te gaan. Die tweede is ʼn ou vriend wat een maal jou lewe gered het. Die derde persoon is die man/vrou van jou drome. Wie sou jy oplaai?

Dink aan jou antwoord voor jy verder lees.

Die vraag is glo aan voornemende werknemers gestel. Jy kan natuurlik die ou tannie oplaai en haar lewe probeer red. Jy kan jou vriend oplaai aangesien hy een keer jou lewe gered het, of jy kan dalk hierdie een kans benut om jou sielsgenoot te ontmoet.

Slegs een van die kandidate het die “regte” antwoord gegee: “Ek sou my motorsleutels aan my vriend oorhandig om die ou tannie hospitaal toe te neem, en dan saam met die vrou van my drome by die bushalte bly wag.”

Dieselfde raaisel word ook in die fliek, 16 Blocks, met Bruce Willis en Yasiin Bey bespreek, waar Bruce Willis se karakter die “regte antwoord” gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

vicky ·

Ek sou die kar aan my goeie vriend gee om die ou tannie hospitaal toe te vat en dan saam met die man van my drome gewag het by die busstop.

Tonginniekies ·

Die regte antwoord is net hoe die skrywer dit sou doen. Ek sou ‘n ambulans bel om die ou tannie te kom haal. Dan sal ek my vriend vra om my en my “sielsgenoot” (ons sit agter) na sy huis toe te neem waar hy dan afklim en ek en my “sielsgenoot” dan in my motor terugry na my of haar huis toe. Wen wen al die pad. Ou tannie medies versorg, vriend veilig by sy huis en ek waar ek wil wees MET my motor. :-)

Soekie ·

Dis ‘n tweesitplek motor, daar is nie ‘n “agter” nie!

Eliza-beth ·

Ambulans bel vir siek tannie, taxi bel vir vriend en ek en sielsgenoot ry happily die sunset in! Goed, ja, dis donker, ons ry dan happily die sterrenag in! : D

Enige ander opsies van ander mense? Laat ons bietjei hoor!

Charmaine ·

Moeilike een maar kom ons he bietjie pret.
Die tannie is nou reeds oppad uit, so ek sal haar en die vriend los sodat hy miskien haar lewe ook kan red en ek sal met die hunk wegry, maar ek sal darem n ambulans bel!

Natasha ·

Ek sal die ou tannie oplaai want my vriend sal verstaan en nie kwaad wees nie en as dit werklik my sielsgenoot is sal ons paadjies wel weer kruis.

pjkruger ·

In SA tel jy niemand op nie, aande nog minder….dis dalk n lokval ?? (haha)

JC ·

Persoon wat besig is om dood te gaan sal nie by die bushalte wag.

Realis ·

pjkruger. Dit is die probleem met ons huidige opset. Kyk ander pad. Ek ry ook verby en bid maar ek word nie veroordeel nie.

Trots Afrikaans ·

As ‘n ware en opregte Afrikaner sal ek hulle natuurlik eers vra watter rugby span hulle ondersteun……

So sou ek uitvind of die vriend ‘n ware vriend is en of die meisie rêrig die een is. As hulle verkeerd antwoord is die tannie gered……

Omgee ·

Ek sal aanbied dat die man van my drome saamry, maar as hy dit waag om te klim, is hy nie die man van my drome nie, aangesien hy dan niks voel vir die ou siek tannie nie! So hy moet sê nee ek moet eers die ou tannie hospitaal toe vat, terwyl my vriend vir hom vertel hoe oulik ek is!

Grotman ·

Jammer maar hierdie is Suid Afrika en duidelik leeu wereld. Jou vriend het dalk jou lewe eenmal gered maar in vandag se tyd is daar geen waarborg dat hy met jou kar gaan terug kom nie. Wat soek die ou tante daai tyd van die aand by n bus stop? Almal weet ons busdiens is nie betroubaar nie! Die vrou van my drome sal ook nie so laat by n bus top sit nie want ek hou nie van stupid vrouens nie… So enigste save uitweg is om n pad te ry wat nie bus stop op roete het nie…

Anet ·

Ek sou ou tannie op gelaai het my vriend sou verstaan het en so ook die man van my drome. Die vraag was in elk geval gewees wie sou jy oplaai en nie wat sou jy gedoen het nie as jy jou sleutels vir jou vriend gee en hy ry met jou kar het jy niemand op gelaai nie.

Akram ·

Genugtig. Hier was darm n paar goeie antwoorde. Maar dis SA. so daai 2 seater het genoeg plek vir nog 4 mense. hahahahahaa.

charmaine ·

Ek pas my oplaai plan aan!(haha)
As die hunk by die bustop staan beteken dit die siel het seker nie n kar nie?? So nee wat wag maar vir die bus. Ek sal eeder n hunk by n restaurant op chat (met kar). Vir die tannie en die vriend, vriend en hunk kan haar maar oppas tot die bus kom,of bel haar kinders!

Theresa ·

Grotman jy maak my dag!!! en Akram – jy’s reg, so as mens kans sien vir oplaai in aand, kan almal saamry en afgelaai word net waar hul wil/moet wees. ha ha ha ha. lekker een dié.

Phillip Horn ·

Die sg. antwoord is verkeerd. Kyk na die vraag. Dit is ” Wie sou JY oplaai”. Hy het self niks aan die tannie se welstand gedoen nie en self niemand opgelaai nie. Hy het die tannie LAAT OPLAAI deur sy vriend EN GEWAG saam met die vrou van sy drome. Hy het dus nie mooi na die vraag geluister nie. Eerder sou ek `n abulans vir die tante ontbied het, my vriend hartlik gegroet het, hom gevra het om by die tante te bly tot die ambulans opdaag, kontakbesonderhede met hom uitgeruil het met die belofte om hom so gou moontlik te kontak en die vrou van my drome OPGELAAI het en met haar weggery het. Wie van die maatskappy het besluit op die regte antwoord? Dit is maar `n dodgy maatskappy as daar net ” een ” korrekte antwoord is. Ek weet nie of ek regtig in hulle diens sou wou tree nie want dit moet uiters frustrerend en onbevredigend wees in `n werksmileu met eenogige enkel antwoorde en oplossings. Ek sou my aansoek summier terugtrek as ek hierdie inligting betyds kon ontvang.

Stuart ·

Nou breed geglimlag vir party antwoorde – dis tog lekker om bietjiei pret te hê ook, die lewe is tog nie NET ernstig nie! Maroela kan gerus nog sulke turksvye uitdink en dan kyk ons wat se antwoorde kom op!

Hamilton ·

Die vraag is Wie sou jy OPLAAI. Jy moet iemand oplaai. Nie jou sleutels vir iemand gee nie. As jy agter bly het jy niemand opgelaai nie.
Die ou tannie is oud. Het reeds haar lewe voluit geniet. Die ander besig om te sterf so daar is nie hulp nie. Die een wat my lewe gered het, wel vir jou doen ek later n guns. Ek sal die een van my drome oplaai om saam te ry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.