Wie’s wie? Foto van sebras laat mens kopkrap

Foto: Sarosh Lodhi/Twitter

Sarosh Lodhi, ʼn natuurfotograaf van Indië, het die Maasai Mara-park in Kenia besoek toe hy dié foto van twee sebras geneem het.

Sy vriend, Parveen Kaswan, ʼn natuurbewaringsbeampte, het die foto op sosiale media gedeel en wou by gebruikers weet of hulle kan sien watter een van die sebras kyk vorentoe – en niemand stem met mekaar saam nie. Meer as 4 400 persone het al van die foto gehou en meer as 1 000 het kommentaar gelewer.

Een persoon het gesê dit moet die sebra links op die foto wees, as mens na die plooie in sy nek kyk (waarskynlik omdat hy sy kop regs gedraai het om vorentoe te kyk). Die sebra regs op die foto se nek is glad, omdat hy waarskynlik reguit kyk agter die ander sebra se kop.

ʼn Tweede persoon voer egter aan as mens na die ore kyk, dan is dit onmoontlik dat hy sy kop só kan draai.

Lodhi het uiteindelik self geantwoord: die gesig op die foto behoort aan die sebra links op die foto.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Misky ·

Die ore gee dit weg….. Maar dit is werklik n besonderse foto

Sarah ·

Stem saam met linker sebra.
Sjoe ek is skoon nou deurmekaar

ES ·

Definitief links, die hoogte van die nek van die regterkantste Zebra en die ore.

Juls ·

Kyk na die skaduwee wat die linker sebra op die regterkantse een gooi

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.