Woef durf 100 km aan om by haar ouerhuis terug te kom

Ping An (Foto via WeChat)

Ping An, ʼn golden retriever van China, het die afgelope vier maande by ʼn vriend van haar eienaars gebly voor sy besluit het om die langpad self aan te durf.

Die eenjarige hond, wie se naam rofweg as “veilig en wel” vertaal kan word, is in Nantong by vriende se huis, 100 km van haar eienaars se huis af, afgelaai sodat sy versorg kan word terwyl die eienaar opknappingswerk aan sy huis doen.

Ná vier maande het Ping An egter te veel verlang en sy het besluit om te ontsnap. Wat die familie nie geweet het nie, is dat sy die tog aangepak het om na hulle te soek.

Sy is 100 km verder buite ʼn kantoorgebou opgemerk. Sy het mank geloop en het bebloede pote gehad. Persone wat haar gered het, het gesê sy het ook baie depressief gelyk omdat sy nie haar eienaars kon vind nie. Foto’s wys hoe die hond in die straat lê met haar kop op haar pote. Sy was ook baie uitgehonger.

Skermgreep uit die video

Die persone wat haar gered het, het dadelik vir haar mediese behandeling gegee – hoofsaaklik om haar pote te versorg en hulle toe na sosiale media gewend om die eienaars op te spoor. Hulle het die inligting plaaslik op WeChat, ʼn gewilde boodskap-app in China, gedeel. Binne een dag is die familie met hul troeteldier herenig.

In ʼn video wat op sosiale media gedeel is, kan mens sien hoe Ping An se eienaar haar kop streel. “Ping An, jy het so hard gewerk. Jy kan nou net by die huis bly. Ons sal jou nooit weer wegstuur nie,” kan mens op die video hoor, berig Daily Mail.

ʼn Veearts het haar ondersoek en sy sal volkome van haar beserings herstel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

maria ·

Heerlik iemand wat voel soos ek voel. Begin ‘n gesprek met “goeie dag” in plaas van”good day”.
Ek kon selfs as kind nie verstaan waarom afrikaans sprekendes moet oorslaan na engels as een engelse persoon ‘n verstrek instap nie, wat beslis nie sou gebeur het as die geval anders om was nie.
En engelse woorde wat so aanhoudend gebruik word as daar ‘n perfekte afrikaanse woord is nie en baie maal wonder ek of die persoon ooit die ware betekenis van die engelse woord ken, ek dink bv. aan die woord – ‘awesome’, die afrikaans daarvoor is tog – ‘ontsagwekkend’. Nou se asb. vir my hoe kan ‘n rok bv. ontsagwekkend wees en so word die woord awesome en ander woorde so verkeerd gebruik omdat die regte betekenis nie verstaan word nie.
Nou wil ek nie eers praat van die verkragting van ‘n engelse woord om dan so afrikaans te word nie nie soos pavement vir ‘n sypaadjie.
Ek het afrikaans groot geword en is tog so dankbaar vir die voorreg.
Goeie dag, mooi loop.

Alet ·

Awesome kan ook wonderlik beteken. En ‘n wonderlike rok maak wel sin. Sommige woorde het meer as een betekenis. Net soos wat tak kan beteken ‘n tak aan ‘n boom of die vertakking van die rivier. Een van die sytakke van die Vaalrivier is die Suikerbosrivier.

Sandra ·

Ag dis nou ‘n goeie nuus storie. Ja jong, niks of niemand op die aarde is meer lojaal as ‘n hond nie.

Erika ·

N dier se liefde is onvoorwaardelik…En kan ons mense iets leer

Mad Mike die Rhodesiër ·

Wys jou net! Herinner my aan die storie van Lassie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.