Hunter, ʼn Belgiese Malinois, het maats gemaak met ‘n nege dae oue kameelperd by die Rhino Orphanage in Limpopo.
Jazz, die kameelperd, het ʼn paar dae ná sy geboorte by die organisasie opgedaag toe ʼn boer hom verlate en gedehidreer in die veld gevind het. Die boer het die Rhino Orphanage genader om hulp.
Hunter is die plaaslike waghond en het vinnig vir die nuweling begin sorg. Janie van Heerden, van die Rhino Orphanage, sê die twee het vinnig maats gemaak. Hulle het met behulp van ʼn drup vloeistowwe vir Jazz ingegee en hy sterk aan. Hy kry ook melk in en probeer reeds blare eet. “Hy sal binnekort huis toe kan gaan,” het sy bygevoeg.
Dit is nie duidelik waarom die ma haar kalf verlaat het nie.
Klik hier om Jazz se vordering op Facebook te volg
- Janie Van Heerden voer Jazz die kameelperd (Foto: AP Photo/Jerome Delay)
- Janie Van Heerden en Jazz die kameelperd (Foto: AP Photo/Jerome Delay)
- Hunter en Jazz (Foto: AP Photo/Jerome Delay)

- Jazz die kameelperd (Foto: AP Photo/Jerome Delay)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Ag moeder pragtig
Ag moeder dis te oulik! Dankie Maroela vir die mooi storie.
Pragtige storie en fotos.
Ons kan by die diere baie leer
Gaan kyk na die mier en word wys
Mooier as mooi. Laat die hart sommer warm klop. Ek kyk hulle mooi naampies. Nie iets uit A vir ‘n verandering.