Woef met ʼn stertjie van voor en ʼn stertjie van agter

Narwhal the Unicorn Puppy (Foto: Mac’s Mission)

ʼn Plasing op sosiale media deur ʼn diereskuiling van ʼn hond wat met ʼn stert op sy voorkop spog, steel wêreldwyd harte.

Mac’s Mission, gebaseer in Jackson, Missouri in die VSA, fokus op honde met spesiale behoeftes of gesondheidskwessies wat waarskynlik deur ander skuilings van kant gemaak sou word.

Die diereskuiling is die afgelope week oorval met terugvoer ná hulle ʼn foto gedeel het van “Narwhal the Little Magical Furry Unicorn”. Narwhal is ʼn dachshund-kruising van ongeveer 10 weke oud.

“Ons het hom saam met ʼn ander, ouer hond opgespoor. Hy het ʼn stert op sy voorkop en ʼn voetbesering,” het Rochelle Steffen, stigterslid van Mac’s Mission, gesê.

Volgens Rochelle is die stertjie nie verbind aan enigiets nie en dit kan beslis nie waai soos ʼn gewone stert nie. “Die enigste gebruik is dat dit hom die oulikste hondjie ooit maak!”

ʼn Veearts het Narwhal ondersoek en bevind dat dit nie in hierdie stadium nodig is om die ekstra stertjie te verwyder nie. “Hy lyk heeltemal gesond,” het Rochelle bygevoeg.

Mac’s Mission is nie in hierdie stadium op soek na iemand om hom aan te neem nie, omdat hulle net eers wil wag totdat Narwhal bietjie groter is om seker te maak dat die stertjie hom nie pla of ʼn probleem word nie.

As jy Narwhal se vordering wil volg of meer wil uitvind oor Mac’s Mission, kan jy hulle Facebook-blad of webwerf besoek.

Just another video of our narwhal the magical fuzzy unicorn puppy because we think he is amazing. (We are not accepting applications for him right now until we are very certain his unicorn horn is not going to have a growth spurt and become an issue) (no it does not wag) (yes he is keeping it) (yes he is amazingly awesome!!) Love,MacKeeperOfTheUnicorns

Posted by Mac the pitbull on Wednesday, November 13, 2019

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Woef ·

Nee dit is nie cute nie. Maar Narwhal is wel. Ek dink dit sal beter wees om die stertjie nou te verwyder terwyl hy nog klein is. Want dit sal waarskynlik ook groei en dikker raak, wat sekerlik meer pynlik sal wees om dan te verwyder. Hoop hy kry ‘n goeie huis.

Denise ·

Stem saam met jou die stertjie gan nie cute bly nie en hy het n cute stertjie reeds!!!!!!

Sandy ·

Hy is so adorable. Hy sal mooi wees met of sonder die stertjie. Die vorige eienaars het hom seker weggegooi juis oor die stertjie. Ek is bly hy is ok en veilig.

SeMaarNet ·

Hierdie is presies hoekom mens honde se bloedlyne skoon hou. Arme arme hond. Ek sou beslis die stertjie verwyder, behalwe as daar goeie mediese rede is hoekom hul nie kan nie.

Rooijan ·

As daai stert kan waai gaan dit soos ‘n windshield wiper lyk.

Essa ·

Nee, nee vir daai stertjie. Stem saam met Woef; moenie wag tot stertjie ‘n stert word nie.

Maljan ·

Op die eerste foto vertel die traanstreep teen die snoet af dat die stertjie wel n probleem is.

Dellie ·

Hy is te noenoes……..Cutie pie sal hom opvreet van liefde xx

Skerpioen ·

As hy my honde-kind was, sou ek hom Olifant genoem het… want hy het ‘n stertjie van after en ‘n stertjie van voor…..

Miemie ·

Aaaaaai Karl waar is jou liefde vir n honde kind. Ek het 4 kleinkinders – honde kinders en ek is vir hulle baie lief. Die een bly by my want sy konnie by my kinders se huis aanpas nie. EN ek sal my honde kleinkinders vir niks ruil nie.

Antz ·

Mens se dierekinders behandel en kommunikeer soms beter met mens as jou eie kinders

Lizelda ·

En hulle is ALTYD bly om jou te sien. My Marshall slaap saam met my en pas my op soos geen ander nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.