Yanni of Laurel? Klankgreep het almal aan die stry

Ons het al op sosiale media gestry oor ʼn rok (blou/swart vs wit/goud), oor ʼn paar hardloopskoene (wit/pienk vs turkoois/grys) en nou is hier ʼn klankgreep wat dit laat blyk dat ons selfs verskillend hoor.

Die gebruiker Cloe Feldman het die klankgreep op Twitter gelaai en meer as 6 miljoen mense het reeds daarna geluister – maar niemand kan saamstem oor “laurel” of “yanny” nie.

Die klankgreep word as ʼn ouditiewe illusie beskryf en dit blyk dat persone, wat hoër frekwensies kan hoor, geneig is om eerder “yanny” (uitgespreek “yeah-knee”) te hoor – en moontlik ook “laurel”. Persone wat laer frekwensies hoor, dui aan dat hulle “laurel” in die klankgreep hoor (sien verduideliking in onderste video).

Wat hoor jy?

 

 

Oorspronklike plasing:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.