Yslike opaal vir meer as R2 miljoen verkoop

Americus Australis (Foto: Alaska Premier Auctions & Appraisals)

ʼn Edelgesteente, een van die grootste edelgesteente-gehalte opale, is Sondag op ʼn veiling vir $143 750 (ongeveer R2,1 miljoen) in Alaska verkoop.

Die opaal, genaamd “Americus Australis”, weeg meer as 11 800 karaat, aldus die afslaers Alaska Premier Auctions & Appraisals.

Nick Cline, een van die eienaars van die afslaers, sê dit is die mees indrukwekkende item wat hulle al ooit beskikbaar gemaak het.

Die opaal is een van die top-5 grootstes in die wêreld.

“Die opaal is in die 1950’s in die Eight-Mile Opal Fields van Coober Pedy in die suide van Australië gevind,” sê Cline. Dit was byna sewe dekades deel van ʼn privaat versameling.

Die Americus Australis is die sustersteen van die Olympic Australis, ʼn 17 000 karaat – die grootste edelgesteende-gehalte steen in die wêreld. Die Olympic Australis, met ʼn waarde van ongeveer $1,8 miljoen (meer as R27 miljoen) bly in die wêreldbekroonde versameling van die edelgesteende-handelaars Altmann Cherny & Associates.

Dit is dieselfde handelaars wat die Americus Australis aan die familie van afslaers se afsender verkoop het.

Die verwagting was dat die steen tussen $250 000 en $350 000 op die veiling sou haal.

Die Americus Australis is onlangs in ʼn linnekas in ʼn huis in Big Lake, noord van Anchorage, gehou deur Fred von Brandt, wat goud myn in Alaska. Die Von Brandts het ʼn lang geskiedenis in die edelgesteente- en steenbedryf.

Die opaal is groter as ʼn baksteen en is in twee dele gebreek. Volgens Von Brandt was dit ʼn praktyk wat dekades gelede gebruik is om die gehalte van die steen te betaal.

Americus Australis (Foto: Alaska Premier Auctions & Appraisals)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.