‘Zombie’-tiener tot 10 jaar gevonnis

Sahar Tabar (Foto: Sahar Tabar/Instagram)

Sahar Tabar is in Teheran, die hoofstad van Iran, in hegtenis geneem ná sy foto’s van haarself op sosiale media gedeel het.

ʼn Hof in Iran het haar tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir verwronge foto’s wat sy gedeel het, berig Metro. Die 19-jarige is op Instagram geloof vir haar foto’s waar sy soos ʼn “zombie” Angelina Jolie lyk. Owerhede het haar egter in 2019 in hegtenis geneem op aanklag van onder andere laster, aanhitsing van geweld, dat sy ʼn inkomste op ʼn onbehoorlike manier bekom het en dat sy ander jongmense aangehits het tot korrupsie.

Die Guardian berig Tabar het gesê twee van die aanklagte is laat vaar en sy hoop om vrygespreek te word. Haar hartseer bekentenis is verlede jaar deur die Iranse openbare uitsaaier gedeel en sy het baie simpatie ontvang. Volgens die uitsending het Tabar ʼn “abnormale persoonlikheid en geestestoestand”.

Tot dusver het sy nie enige vryspraak ontvang nie.

“Ek doen ʼn beroep op Angelina Jolie om ʼn 19-jarige Iranse meisie te help wat 10 jaar tronkstraf opgelê is omdat sy grimering en Photoshop gebruik het om haarself in Angelina te verander,” het die Iranse joernalis Masih Alinejad Vrydag op Twitter geskryf. “Die Islamitiese republiek het ʼn geskiedenis om vroue te teister. Ons moet saamstaan teen geslagsapartheid.”

Tabar (haar regte naam is Fatemeh Khishvand) ontken dat sy 50 operasies ondergaan het om “zombie Angelina” te word. Sy het wel kosmetiese chirurgie ondergaan, het sy gesê, maar haar Instagram-voorkoms is deur grimering en redigeerwerk behaal. “Dit is ʼn manier om jouself uit te druk, ʼn tipe kuns,” het sy verduidelik. “My aanhangers weet dit is nie my regte gesig nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

H ·

Iemand tag vir malema….. die ding sal goed aard daar . aanhitsing van geweld = tronkstraf … kan net werk……

Vrijburger ·

Mmmm kom ons kyk of Hollywood, sosiale media, Amerika se linkse ‘social justice warriors’ ook oor hierdie ongeregtigheid ‘n histeriese veldtog gaan begin?
Maar ek hou nie my asem op nie – die ongeregtigheid pas nie binne hul agenda in nie.

Robert ·

Sommige kommentaar op die berig op Marula se FB laat my wonder of mense ooit bietjie gaan oplees nie. “Sy het die wet oortree” – Regtig?

JohanR ·

En hier kan jy iemand oor die kop neuk met ‘n glas water beker, jy kry twee jaar in die tronk maar na 75 dae is jy uit en vry soos ‘n voel!

pompies ·

Hierdie kind het haar kuns op haar self toegepas en nou sit sy vir 10 jaar. So wonder ek waar is al die wereld se opstokers van geweld en BLM en rassisme en en en, hulle is hier oor dood stil. Maak sin want dit gebeur in Iran en hulle voel n veer vir die mense in Iran. Die mense wat onder die Iranse wette moet lewe kry erg swaar.

Smurf ·

Klink amper soos daai absurde storie met die twee jong dames en die ‘black face’ petalje.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.