Uitdrukking:
’n Brawe Hendrik
Betekenis:
’n Man wat alte goed wil wees; ’n seun wat te soet en voorbeeldig is
Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan die titel van ‘n gewilde 19de-eeuse Nederlandse boek van Nicolaas Anslijn (1777-1838) waarin Hendrik as skynheilige uitgebeeld word. Dit is opgevolg deur De Brave Maria. Braaf in Nederlands beteken “deugsaam, goed, gaar”, nie “dapper” nie.
OOK:
‘n Brawe Maria (‘n Voorbeeldige meisie)