Maroela Media se kindervriendelike nuus-app

Maroela Media se (gratis) nuus-app beteken dat jy gebalanseerde en betroubare nuus altyd in die palm van jou hand het. Danksy die verstellings kan jy die app presies volgens jou behoeftes aanpas. Jy kan boonop met ʼn geruste hart die app op jou kind se foon aflaai: bepaal self watter kategorieë jou kind mag sien en beskerm die verstellings met ʼn wagwoord.

Só werk dit

Stap 1

Laai die jongste weergawe van die Maroela- app op jou slimfoon af. Dis gratis beskikbaar op die App Store (vir Apple-toestelle) en die Google Play Store (vir Android-toestelle). Besoek die winkel en tik “Maroela Media” in, en laai die app af.

Maroela Media app vir die iPhone Maroela Media app vir Android

Stap 2

Nadat dit afgelaai is, sal die nuwe app jou stap-vir-stap deur ʼn hulpgids neem om die app volgens jou persoonlike behoeftes op te stel. Tydens die installasieproses kan jy die volgende verstellings maak:

  • Kies die kategorieë wat op jou app moet vertoon, en skakel dié af wat jy nie wil sien nie.
  • Skakel kennisgewings vir die kategorieë wat jy gekies het, aan of af na willekeur deur die aan/af-skakelaar langs elke kategorie se naam te gebruik.
  • Rangskik die kategorieë se volgorde soos jy dit verkies – skuif die name van die kategorieë in die “Verstellings” bloot met jou vinger op en af tot jy tevrede is.

Stap 3

Nadat jy hierdie verstellings gekies het, gee die app jou die geleentheid om ʼn wagwoord in te tik waarmee jou keuses beskerm sal word. Onthou, as jy jou wagwoord vergeet of verloor, sal jy die app op jou foon moet uitvee en van voor af moet installeer om ʼn nuwe wagwoord te kies.

Stap 4

Indien jy die app op jou kind se foon installeer, volg dieselfde proses en maak die verstellings waarmee jy gemaklik is.

Stap 5

As jy tydens die installasieproses enige van hierdie verstellings gemis het of later wil verander, klik op die drie horisontale strepies in die regterkantste boonste hoek van die app en kies “verstellings”.

Stap 6

As jy steeds nie regkom nie of onseker is oor enigiets op die app, stuur gerus e-pos na [email protected] – ons help graag.

 

Laai die app nou af op die Google Play Store (vir Android-toestelle) of App Store (vir Apple-toestelle). Een ding waaroor jy gerus kan wees, is dat Maroela Media jou gebalanseerde, betroubare bron van nuus is, en dat ons gratis is en bly.

Maroela Media app vir die iPhone Maroela Media app vir Android

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.