As jy al ooit ʼn ope brief vir ʼn koerant of nuusplatform soos Maroela Media geskryf het, al was dit dalk ook net in jou kop of in jou hart, is hierdie brief aan jou gerig. As jy al ooit ʼn ope brief gelees het en onderaan in die kommentaar geskryf het “Ek kon dit self nie beter stel nie,” is dié brief ook vir jou.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Redakteursbrief"
Redakteursbrief: Ons skrik nie vir ʼn uitdaging nie – nes ons voorouers
Oor dié sukses in ʼn baie moeilike tyd is ek nederig dankbaar. Kreatiewe denke beteken immers niks sonder harde werk nie. Pak jy ʼn uitdaging sonder die nodige toewyding en deursettingsvermoë, is jou kans op sukses skraal, skryf Susan Lombaard.
Redakteursbrief: Ken jy ook ’n hedendaagse Spreuke 31-vrou?
“As jy ʼn hedendaagse Spreuke 31-vrou ken, soos ek, deel hierdie met haar. Gee haar wat haar toekom vir alles wat sy doen; laat haar werk haar roem wees in die stadspoorte.”
Redakteursbrief: #BLM: Voor wat kniel jy?
Om die knie te buig voor iets of iemand hou nie noodwendig dieselfde betekenis in vir dié wat die #BLM-beweging steun as wat dit vir my inhou nie.
Redakteursbrief: Dis ons beurt om kaalvoet oor die Drakensberge te trek
“Daar is nie opstand of veglustigheid in haar houding nie, net vasberadenheid en ʼn stil krag wat ʼn knop in jou keel los. ‘Ek wens ek kon haar ken’, het ek gedink terwyl ek langs haar staan en my man vir my ʼn foto neem …”
Redakteursbrief: Ons mág maar kwaad wees
Vandag is ek kwaad. So kwaad dat die trane loop, skryf Susan Lombaard.
Redakteursbrief: ’n Brief uit my gr. 5-kind se nuwe juffrou se stoel
Dalk is jy ook, soos ek, een van die werkende ma’s wat steeds van die huis af moet werk, maar skielik moet verstaan wat in jou kind se skoolkurrikulum aangaan (mag ons nooit weer Nasionale Juffrou-dag laat verbygaan sonder groot bosse blomme en baie sjokolade nie).
Redakteursbrief: Die storie van ʼn dooprokkie, ʼn oorlogfoto en twee geborduurde sakdoekies
“Ek kyk terug na die mense wat deel van my geskiedenis is; na die tragedies, oorloë, depressies, siektes en rampe wat hulle oorleef het, en hoe hulle aan die ander kant uitgekom het – beter mense, omdat hulle geweet het waar hulle krag vandaan kom.”
Redakteursbrief: Maak Maroela jou ligtoring in die Covid-19-storm
“Daarom wil ek jou in hierdie moeilike tyd verseker dat die span van Maroela Media alles in ons vermoë doen om seker te maak dat ons jou ingelig hou. Hoewel ons werksomstandighede verander het, het ons doelpale nie verander nie.”
Redakteursbrief: Korona: Kom ons klim dié kloktoring saam uit
Dis dalk ʼn bietjie filosofies om die vreemde en skrikwekkende tyd waarin die wêreld tans is, te vergelyk met opklim in ʼn donker kloktoring, en te dink as ons anderkant uitkom, gaan die uitsig prentjiemooi en wonderskoon wees. Waarvan ek wél seker is, is dat ons wêreld anders gaan lyk, en dat ons anders na ons wêreld gaan kyk.
Redakteursbrief: Die oom in die koffiewinkel
By ʼn tafel skuins oorkant my kom sit ʼn ou oom. Hy lyk soos my oupa gelyk het …
Redakteursbrief: Fontein-se-watse nonsens?
Maroela-fontein is ʼn lekker plek – dis wa’ jy hoort, sê ons.
Redakteursbrief: Om die liefde te vier in ʼn land wat brand
Juis daarom moet ons soms op ʼn klip gaan sit en ons voete in die koue water laat rus saam met iemand vir wie ons lief is …
Redakteursbrief: Klop vrees vir 2020 reeds aan jou deur?
Die woord “vryheid” kan verskillende betekenisse inhou.
Redakteursbrief: Die Heiland is gebore – ook vir jou, mamma van Mayville
Ek trek my notaboek nader. Dis tyd vir ʼn nuwe lysie – een wat sê wat alles vanjaar rég geloop het, sodat ek myself kan herinner aan waaroor hierdie Kerstyd eintlik gaan.
Maroela en kommentaar: Sê jou sê as die son skyn
Jy gaan voortaan jou sê moet sê tussen 06:00 en 19:30 deur die dag.
Redakteursbrief: Anker jou kinders
Diep in die Bosveld speel-speel ons die koel grasdak-villa is ons eintlike huis. Ons speel-speel ‘n kamma-bestaan waar dit veilig is vir ons seunskind om alleen van die dam af koers te kies deur die veld huis toe, gewapen met sy knipmes.
Redakteursbrief: Die Amy-Leigh’s wat nooit gevind word nie
Daar buite, hier in SA, is duisende Amy-Leigh’s en Amahle’s. Te midde van korrupsie, plaasaanvalle, xenofobiese geweld, armoede en ʼn magdom ander uitdagings in ons land is die woord “mensehandel” een wat selde opduik.
Redakteursbrief: Die mense wat my liefhet …
Die lewe is nie net perfekte ma’s met perfekte lewens en perfekte, presterende kindertjies nie. As ons nie eerlik is hieroor nie, stel ons aan ons self, aan mekaar en aan ons kinders standaarde wat onbereikbaar hoog is.
Redakteursbrief: Dankie – jy is een van 2 miljoen Maroela-lesers
Dankie dat jy een van Maroela Media se 2 miljoen gemeenskapslede is!