Luister: ‘Hoor hier’ met Lizz Meiring

“Hoor hier” is Maroela Media se splinternuwe oudioreeks met 52 van Lizz Meiring se gunstelingrubrieke.

Die reeks is saamgestel uit ʼn versameling van Meiring se “Bizzie Lizzie”-rubrieke wat sy vir die leefstyltydskrif rooirose geskryf het, en ʼn paar nuwe stories vir spesiale geleenthede soos Moedersdag, Vadersdag, Valentynsdag en Kersfees.

Van die stories sluit in “ʼn Liegspieël asseblief”, “Mans genoeg”, “Ma-ligheid”, “Wyse Elsie”, “Adriaan se papawers”, “Innerlike vrede se voet” en “Oorkook”.

Die episodes duur tussen drie en vyf minute en daarom, meen Meiring, is dit maklik om sommer op enige plek daarna te luister tussen afsprake, op pad werk toe of wanneer jy kosmaak.

“Hoor hier” word moontlik gemaak deur die finansiële steun van Afrikaans.com en word tegnies versorg en versprei deur Maroela Media. Weeklikse episodes word op verskeie streekradiostasies uitgesaai en is beskikbaar op Afrikaans.com en Maroela Media.

  • Luister hier na ʼn onderhoud met Lizz Meiring oor haar rubrieke en die ‘Hoor hier’-oudioreeks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nico ·

‘n Groot gees met ‘n hart van goud in ons teaters. Mag haar woordpalet nog vele meesterstukke voorbring.

Aikie ·

Dankie Lizz, jou woorde is ‘n vars briesie tussen l die onsekerheid en probleme in ons land deur. Hou aan. Ons geniet dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.