Stuur jou familieresep

Foto: Maroela Media

Foto: Maroela Media

Daar is families wat hul resepte bewaar soos die 11 speserye van KFC-hoender of die aanmaakmengsel van Coca-Cola, en dan is daar dié families wat sommer hul resepte hartlik uitdeel: want dis mos nou veel lekkerder om te weet daar is nog gesinne wat smul aan jou Ouma Nella se sappige skaapvleispotjie.

Jy kan nou jóú resepte hier op Maroela Media met al die lesers kom deel – ons is mos eintlik een groot familie. Vertel ons bietjie waar die resep vandaan kom of hoe lank die resep al in julle familie is en laai gerus sommer ook ʼn foto by waar julle óf self aan die souskluitjies of sopbene smul, óf ʼn foto van die persoon wat oorspronklik die resep uitgedink het, óf ʼn foto van die gereg self.

Dis mos nou lekker, Maroela!

  • Jou resep

  • Lys die bestanddele en beskryf dan die metode.
  • Laai een foto op van die gereg, drankie of die familielid wie die resep bemeester het. Verskaf dit asseblief in JPG-formaat en kleiner as 2MG.
    Lêertipes toegelaat: jpg, Maks. lêergrootte: 2 MB.
  • Vertel bietjie waar die resep vandaan kom.
  • Jou besonderhede

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Bepalings en voorwaardes

  1. Jy mag nie die resep uit ʼn gepubliseerde resepteboek of van ʼn webwerf afskryf nie. Resepte wat in boeke of op koswebwerwe gepubliseer word, is onderhewig aan kopiereg. As dit nie jou eie of jul familieresep is nie, het jy ongelukkig nie kopiereg daarop nie en mag ons dit ook nie publiseer sonder goedkeuring of toestemming nie.
  2. Maroela Media sal na die beste van ons vermoë ondersoek instel om te bevestig dat die ingestuurde resepte nie onderhewig aan kopiereg is nie. Indien ‘n resep onderhewig aan kopiereg per abuis gepubliseer word, sal die resep verwyder word nadat dit as sulks gerapporteer word. Stuur navrae oor die resepte se kopiereg aan [email protected].
  3. Wanneer jy jou resep instuur, gee jy toestemming dat Maroela Media die teks en foto’s onbepaald op Maroela Media se Koolstoof-blad en enige ander platforms of publikasies mag publiseer en dat dit op Maroela Media se sosialemediakanale bemark mag word sonder enige finansiële of ander vergoeding vir jou of die persoon wat oorspronklik die resep saamgestel het of enigiemand anders.
  4. Maroela Media aanvaar geen verantwoordelikheid vir slegte geregte, ongestelde mae, voedselvergiftiging, leed of skade berokken na aanleiding van die resepte nie; lesers berei dit op eie risiko voor.
  5. Maroela Media se redaksie sal besluit of ‘n resep gepubliseer gaan word; die instuur waarborg nie dat dit gepubliseer gaan word nie.