Dit is nie Guy Whittall se eerste onderonsie met ʼn wilde dier nie. In 2013 is ʼn nylkrokodil van meer as 160 kg onder sy bed verwyder.
Lees meerStubbs slaan sy lopies teen flinke pas
In Woensdagaand se wedstryd tussen die Delhi Capitals en die Gujarat Titans het Tristan Stubbs se flitsende kolf toegesien dat een van die kommentators sy woorde moes sluk.
Quinny vou, maar Marcus speel barshou
Die Lucknow Super Giants se Marcus Stoinis het die hoogste telling nóg in ʼn suksesvolle Indiese Premierliga-lopiejaagtog geslaan.
Faf-hulle misluk met die kolf; Rabada faal met die bal
Sondag was ʼn erg teleurstellende dag vir ʼn rits Suid-Afrikaners in die Indiese Premierliga, want nie Faf du Plessis, Rilee Rossouw, David Miller óf Kagiso Rabada kon hond haaraf maak nie.
Wolvaardt se 184 pure verniet
Laura Wolvaardt het teen Sri Lanka op Potchefstroom die hoogste telling nóg deur ʼn Suid-Afrikaanse vrouespeler geslaan, maar die besoekers het nogtans op ʼn drafstap gewen.
‘Wisden’ vereer Australië se Cummins
Die gesaghebbende ‘Wisden Almanack’ het Pat Cummins as sy voorste krieketspeler op die internasionale verhoog aangewys.
Sunrisers en RCB slaan saam 549 lopies
Suid-Afrikaners soos Heinrich Klaasen en Faf du Plessis het ook tot die lopiefees in Bengaluru bygedra.
Oud-SuperSport-baas sterf
Brandon Foot, ʼn groot gees in krieketkringe, is Vrydag op die ouderdom van 63 oorlede.
Vroue-krieket: Wolvaardt, Kapp kolf Sri Lanka flou
Vangkanse wen krieketwedstryde. Dit het Sri Lanka se vroue-krieketspan Saterdag in Kimberley in die tweede eendagwedstryd teen Suid-Afrika weer ten duurste beleef toe die Proteas die kragmeting met sewe paaltjies gewen het.
50 vir Faf, maar RCB sukkel
“Ons moes 220 lopies geslaan het; ʼn telling van net meer as 190 lopies is net nie goed genoeg nie.”
140 km/h: Klaasen mag pronk oor stonkkans
Die bal het verby Shikhar Dhawan se kolfrand geflits en Heinrich Klaasen – wat teenaan die paaltjies diens gedoen het – het met een sweepslagbeweging die dwarsbalkies afgeklits.
Brits vier honderdtal teen Sri Lanka
Tazmin Brits het 12 viere in haar beurt van 116 lopies geslaan en sy het ʼn openingsvennootskap van 94 lopies saam met Laura Wolvaardt geniet.
Stubbs slaan sewe sesse
Tristan Stubbs het sy behendigheid met die wilgerlat onderstreep toe hy 71 onoorwonne lopies van slegs 25 aflewerings vir die Delhi Capitals gemoker het.
Kyk: Shepherd slaan 32 van Nortjé-boulbeurt
Die Mumbai Indians se Romario Shepherd het die langsteel ingelê en ses agtereenvolgende grenshoue van Anrich Nortjé se finale boulbeurt geslaan.
50 vir Markram; Sunrisers klop Super Kings
Aiden Markram het 50 lopies van 36 aflewerings in die Sunrisers Hyderabad se suksesvolle lopiejaagtog teen die Chennai Super Kings geslaan.
Sri Lanka seëvier in reeks teen Proteas
Sri Lanka het sy eerste T20-reeksoorwinning oor die Protea-vrouekrieketspan gesmaak toe die besoekers die derde en beslissende wedstryd in Oos-Londen met vier paaltjies gewen het.
Quinny laat waai teen RCB
Quinton de Kock het 13 grenshoue in sy beurt van 81 lopies teen die Royal Challengers Bengaluru gemoker.
Stokes sê nee vir T20-Wêreldbeker
“Om die Indiese Premierliga en die Wêreldbeker mis te loop is opofferings wat my hopelik in staat sal stel om die veelsydige speler te wees wat ek graag vir die afsienbare toekoms wil wees.”
Boult en Burger briljant teen Mumbai
Trent Boult het ʼn snelboulwerkmeesterles teen die Mumbai Indians aangebied en Rohit Sharma is saam met Naman Dhir en Dewald Brevis vir nulletjies uitgeknikker.
Graeme Pollock in hospitaal ná beroerte
Hy word as een van die beste linkshandige kolwers in die spel se geskiedenis beskou. In ’n toetsloopbaan wat tot net 23 wedstryde weens Suid-Afrika se internasionale sportisolasie beperk is, het hy 2 256 lopies teen ’n gemiddeld van 60,97 aangeteken.