Ná weke se liefdesbriefies, skelm soene, opwindende afsprake en hartroerende oomblikke, het Brendan Peyper uiteindelik sy keuse gemaak.
Lees meerAlles vir Donderdag 4 April 2024
Harmony Gold teken loonooreenkoms
“Vir die eerste keer in ons 73 jaar lange geskiedenis, het ons ʼn vyfjaarooreenkoms aangegaan met al ons vakbonde.”
Tiener eindelik in hof ná dodelike botsing
Die tiener se pa is ’n kaptein by die SAPD se beskerming-en-sekuriteitseenheid en daar word vermoed dat die SAPD se versuim om hierdie saak te ondersoek te wyte is aan polisiebeamptes wat vir hul kollegas skerm.
Vermeende mensehandelaars aangekeer
Twee vermeende mensehandelaars is Woensdag in Pretoria in hegtenis geneem.
TMPD-beampte het nié sy vrou geskiet nie
“Die TMPD is hoegenaamd nie verbind met enige van die bewerings nie.”
Man by Paasskou aangekeer oor fop dollars
Die man wou parfuum by ʼn stalletjie by die Paasskou koop met die vervalste geld.
Koue, nat naweek lê voor
Suid-Afrikaners kan die naweek ʼn baadjie byderhand hou vir koue en wydverspreide reënbuie wat oor die hele land verwag word.
‘Plaasjapie’ se Dian is pa; ‘Ons dien ʼn lewendige God’
Dian het in 2022 met die Plaasjapie-titel én R1 miljoen se prysgeld weggestap.
Toekoms van fynbos in Tuinroete wek kommer
Gegewe die beperkte vooruitsigte in isolasie en alle huidige bedreigings “sal die spesies waarskynlik nie oorleef nie”.
ToekomsVenster: Daardie halwe sny brood
Miskien kan jy in jou vriendekring of Bybelstudiegroep besin oor hoe julle ʼn bydrae kan lewer om honger in ons sonskynland te help aanspreek.
Ouers, skool én kamp nalatig toe meisie verdrink – verslag
Die departement van onderwys is ook aangeraai om ʼn bedrag van sy keuse aan Latoya Temilton se familie te betaal as deel van die departement se “morele verpligting”.
Reus in uitsaaiwese se stem nou stil
“Ondanks sy eie uitdagings, sou hy altyd bel om te hoor hoe dit met my gaan en hoe Marina [Clyde se vrou] haar eie kankerdiagnose hanteer. Dit was dié man se natuur.”
Borgtog van R50 000 vir ‘pensioenaris’ Mapisa-Nqakula
Die staat het Donderdag ook aan die hof gesê dat hy verwag om ʼn tweede verdagte in die saak binnekort aan te keer. Die verwagte inhegtenisneming spruit glo uit die vroeëre deursoeking van Mapisa-Nqakula se huis.
Dis Kolisi teen Dupont in Kampioenebeker
“Antoine is ʼn begaafde speler en hy het ʼn unieke benadering tot die spel. Ek dink hy is ongelooflik, ʼn eens-in-ʼn-leeftyd-speler, en jy moet gereed wees vir enigiets wanneer hy op die veld is.”
Botswana-olifanttwis: los Afrika om sy eie wild te bestuur
Die president van Botswana is ontevrede oor Duitsland se voorgestelde verbod op die invoer van jagtrofeë weens kommer oor stropery.
Man beken skuld oor diefstal van goue troon
Die man dien reeds 17 jaar tronkstraf uit vir ‘n rits diefstalle, insluitend trekkers en trofees ter waarde van sowat £400 000 uit die nasionale museum vir perdewedrenne.
Merke, gereed … kyk uit vir Maroela Media se nuwe blitswiele
Die motors is uitgedos in ʼn moderne, nuwe baadjie wat spesiaal ontwerp is om by Maroela Media se handelsmerk en kleure te pas.
Wiele2Wiele ry met mu-X
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Isuzu se mu-X.
Blitse het Iere in visier
“Ons het vir die Ierland-wedstryd voorberei asof dit ons enigste een van die naweek sal wees. Ons moet dit doodeenvoudig wen om die nodige momentum op te bou vir die res van die toernooi.”
Groot taak wag op nuwe beheerliggame
Uitdagings maak dit noodsaaklik vir skoolbeheerliggame om kreatief te dink en innoverende oplossings te vind om te verseker dat elke leerder toegang het tot gehalte onderwys.