Alles in Boeke

Boek: Lang pad onnetoe

Die hele pad ondertoe, terwyl die hysbak op elke vloer stilhou, klim verskillende mense, wat elkeen iets met die geweld in sy buurt te doen het, in die hysbak.

Boek: Selfies, seksklets en slimfone

‘Selfies, seksklets en slimfone’ is die boek wat elke tiener (en hul ouers) móét lees. Dit dek al die belangrike kwessies wat tieners in die digitale era in die gesig staar, insluitende kuberboelies, seksklets, verslawing, internetveiligheid, pornografie, angstigheid, depressie, veiligheid en reputasie.

Boek: Toe-Val-Lig

Die geliefde en gewilde Amore Bekker se keuse van die beste, soms ongelooflike ware stories van toeval soos uitgesaai op RSG se middagprogram Tjailatyd.

Boek: Saartjie omnibus 7

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit.