Eskom sê die laaste keer dat hy ’n soortgelyke mylpaal behaal het, was in Junie 2022 toe hy vir 20 opeenvolgende dae geen beurtkrag ingestel het nie.
Lees meerAlles vir Woensdag 17 April 2024
Binnelandse sake verloor 77 jaar se werksure in 5 jaar
“So hoekom gaan ure, met verbeterde internetverbindings, steeds verlore weens stelsels wat van lyn is? Trek amptenare die kragproppe uit?”
Nóg ʼn beskuldigde tot Fort Hare-korrupsiesaak bygevoeg
Die verdagtes word almal vervolg vir hul onderskeie beweerde rolle in ʼn web van korrupsie en selfverryking by die Universiteit van Fort Hare.
Nasa-tuigie stuur laaste boodskap na aarde
Die Ingenuity-helikoptertjie was oorspronklik slegs bedoel om te bewys dat ʼn vlug moontlik is in die ultra-dun Mars-atmosfeer. Ingenuity het egter alle verwagtinge oortref.
Kolisi haal ‘Time100’-lys
Die Wêreldbeker-wenkaptein word in die Amerikaanse nuustydskrif TIME as die “verpersoonliking van hoop” bestempel.
Miljarde al aan NGV bestee
Die NGV het reeds 28 mense in diens geneem teen salarisse van meer as R1 miljoen per jaar, sonder dat daar ʼn begroting daarvoor bestaan.
Hof skrap Zuma se aansoek oor private vervolging
Die hooggeregshof in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal het Woensdag oudpres. Jacob Zuma se saak, om adv. Billy Downer SC en die News24-joernalis Karyn Maughan privaat te laat vervolg, van die hofrol geskrap.
Kan Kawasaki se Versys X-300 nog meeding in 2024?
Ja, die kompetisie se enjins word al hoe groter, maar as ’n alles-doen-fiets is die Versys steeds ’n goeie fiets en hoef glad nie terug te staan vir sy mededingers nie.
Dié Bok word weer pa
“Die derde Du Toit-baba is op pad in September.”
Sasol onder wêreld se grootste koolstof-besoedelaars
Sasol se algehele koolstofuitlatings het verlede jaar, volgens sy klimaatsveranderingverslag, effens toegeneem vanaf 2022 tot net meer as 64 000 kiloton.
Wêreldbeker wink vir SA vroue by binnenshuise hokkietoernooi
Hokkie Suid-Afrika het Woensdag die span vir die komende Afrika-nasiesbeker in Swakopmund in Namibië aangewys.
Phoebe Abrahams vertel oor ’n lewe saam met Jakes Gerwel
“Teenoorgesteldes trek mekaar soms aan – die liefdeschemie bly ʼn raaisel in ʼn spieël. Hulle het mekaar ongetwyfeld aangevul.”
Pediaters vra strenger wetgewing oor pak slae in Engeland, Noord-Ierland
Dié dokters meen wysigings aan wetgewing is nodig om duidelikheid te bied sodat daar nooit ʼn geval is waar dit aanvaarbaar of wettig is om ʼn kind te slaan nie.
ToekomsVenster: Om jou sonde te bely
Dalk herinner die Heilige Gees jou oor ʼn saak wat jy voor die Here in die reine moet bring. Doen dit sommer nou, doen dit in opregtheid en ervaar die volle vryspraak van God.
Prima klassieke musiek dié week in Pretoria
Die Atterbury-teater in Pretoria tree weer van 18 tot 21 April op as die gasheer vir die jaarlikse Atterbury Klassiek.
Medelye ná leierboer Vito Rugani sterf
Vito Rugani se invloed op die Suid-Afrikaanse landbousektor het beginsels en praktyke vir boere daargestel wat voedselvoorsiening en volhoubaarheid in die land versterk het.
Verbruikersake: Albei wetsontwerpe vir tweepot-aftreestelsel aanvaar
Die parlement het nou albei wetsontwerpe goedgekeur wat nodig is om die tweepot-aftreestelsel op 1 September te implementeer. Die parlement het onlangs ook die Wysigingswetsontwerp op Pensioenfondse goedgekeur.
Driejarige sterf toe aanvallers in huis losbrand
ʼn 13-jarige meisie en ʼn 19-jarige jong man is ook in die skietvoorval beseer en na die naaste hospitaal vir behandeling gehaas.
Topatlete gaan in Pietermaritzburg spiere bult
Van Akani Simbine tot Marioné Fourie sal by Atletiek Suid-Afrika se nasionale kampioenskap in Pietermaritzburg te siene wees.
Wat hou rentekoers so hoog?
Nie net Suid-Afrika worstel met ʼn hoë rentekoers nie. Prima markte soos die VK, Europa en die VSA sukkel almal met hoër rentekoerse weens geo-politieke invloede.