Kolisi haal ‘Time100’-lys

siya kolisi

Siya Kolisi lig die Webb Ellis-trofee in 2023. (Foto: @Springboks/X/Twitter)

Springbokkaptein Siya Kolisi het die TIME100-lys van die invloedrykste mense in 2024 gehaal.

Kolisi word in die kategorie “Innoveerders” genoem.

Ander bekendes, en hul kategorieë, wat in die gesogte lys genoem word, sluit in Max Verstappen (Titane), Dua Lipa (Kunstenaars), Taraji P Henson (Ikone), Yulia Navalnaya (Leiers) en America Ferrera (Pioniers).

“Ons staan maande af om te bespreek wie op die TIME100 hoort, die mense wat ons glo die stories verander het wat die afgelope jaar definieer,” verduidelik die Amerikaanse nuustydskrif oor hoe daar eindelik besluit word wie die lys haal.

Die Wêreldbeker-wenkaptein is eindelik gekies vir die hoop wat hy by Suid-Afrikaners geskep het.

Die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah, wat ook ʼn Emmy-bekroonde aanbieder is, beskryf Kolisi in TIME as die “verpersoonliking van hoop” gedurende ʼn tyd waarin baie Suid-Afrikaners dit moeilik vind om aan enige hoop vas te hou.

“Deur politieke twis, ʼn energiekrisis en die gevolge van Covid-19, het Siya van rugby iets meer as net ʼn kompetisie gemaak. Sy veelvuldige oorwinnings – die land se oorwinnings – het soveel beteken.

“Deur sy wysheid en nederigheid het Siya ons geleer wat ʼn kragtige kaptein behoort te wees: iemand wat diegene wat hy lei, dien en inspireer. En vir hom om ʼn span te lei in ʼn historiese wit sport, om geliefd en aanbid te word deur aanhangers van alle rasse, is ʼn geweldige prestasie.

“Siya is ʼn onophoudelike vegter op die veld, maar hy is ook ʼn liefdevolle pa, ʼn liefdevolle man en ʼn goeie vriend. Hy het soveel gegee aan ʼn nasie van 62 miljoen mense. Ek hoop hy geniet elke oomblik van sy sukses,” skryf Noah oor sy mede-Suid-Afrikaner.

Klik hier vir die volledige Time100-lys van die invloedrykste mense in 2024.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Nie Verbaas ·

Ag asseblief. Rassie Erasmus se briljante spel ontleding en strategie was 90% van die oorwinning.

Michael ·

Baie geluk Siya,jy is n goeie rugbyspeler maar ek verstaan nie die hoop wat hy sou bring nie.

George ·

Baie geluk! Hier is mense in SA wat bitter gaan wees vandag lol. Mooi man, beste kaptein!

George ·

@Michael, jy sal ook nie as jy nie as gekleurde in apartheid groot geword het nie. Ons in townships en buitewyke het n baie moeiliker pad as die voorstede en top skole, so hy het BAIE hoop gegee aan ons kids.

Republikein in die Wes Kaap ·

Aanbid deur 62 miljoen mense. Wil gedoen word.

George ·

@Michael, hy het baie hoop aan die township kinders gegee, gewys dat jy van daar af top sport kan bereik deur hard te werk en nie net agv skool naam en konneksies nie.

Aggie ·

Kan daar nie nou maar opgehou word om Kolisi tot afgod te verhef nie. Regdenkende mense weet dat daar baie beter swart spelers op meriete in die span is.

Martie ·

Ag asseblief. ‘n Kaptein van ‘n span wen nie die wedstryd nie, dis die hele span en die afrigters.

piet ·

Welverdiend. George – moet darem noem alhoewel sy ouma hom in moeilike toestande moes grootmaak, het hy ‘n beurs gekry om by Grey School (‘n gerekende “rugby-skool”) skool te gaan waar hy definitief top afrigting ontvang het. Almal is nie so gelukkig nie.

Ronél ·

HOOP kom van die Skepper van Hemel en Aarde-mense is feilbaar. Rassie Erasmus was ‘n goeie mentor vir Siya om hoër hoogtes te kan bereik.

George ·

@Piet, ek stem saam, maar dit gee steeds die kinders on onse townships die hoop dat hul selfs vir Grey kan uitdraf, en dat dit nie n given is omdat die ouers dit kan bekostig nie.

kragaap ·

Dis maar die zero to hero stories. Vergelyk Pieter Steph du Toit as speler met hom ? PSdT 200% beter. Maar jy sien hy het ‘n ouerhuis gehad en ouers wat hom in ‘n goeie skool kon plaas …….vandag tel dit TEEN spelers. Maak nie saak hoe goed hulle is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.