Soorte resepte:

Resep: Russiese worsie-en-spinasietert met fetakaas

Russiese worsie-en-spinasietert met fetakaas (Foto: Lapa Uitgewers)

ʼn Vinnige en smullekker souttert.

Genoeg vir 4 porsies

Bestanddele

  • ʼn klont Clover Mooi River-botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 x 375 g pakkie Russiese worsies, in skyfies gesny
  • ½ bossie spinasie, deeglik gewas en grofgekap
  • 30 ml koekmeel
  • 250 ml Clover-volroommelk
  • 125 ml Clover- vars room
  • 3 eiers
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 wiele Clover- gewone fetakaas, in blokkies gesny

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn oondvaste bak met ʼn 22 cm-deursnee.
  2. Verhit die botter in ʼn swaarboomkastrol en soteer die ui tot sag. Voeg die worsies by en soteer tot die worsies amper gaar is. Voeg die spinasie by die worsiemengsel en soteer dit tot die spinasie verwelk het.
  3. Voeg die koekmeel by en meng goed met die ander bestanddele. Verwyder van die hitte.
  4. Klits die melk, room, eiers, sout en peper saam. Voeg by die worsiemengsel en meng goed.
  5. Giet die mengsel versigtig in die voorbereide bak en strooi die fetakaas bo-oor.
  6. Bak vir 40 minute of tot gestol in die middel.

Bron: Ekonomiese Gesinskos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.