’n Teken van God in my hand

Ek besef net daar, tussen al die vreemde mense op ’n trein in Londen, ver weg van Suid-Afrika – ver weg van die Vrystaatse dorpie waar ek grootgeword het, ver weg van alles wat bekend is – dis nie ’n pennie nie, dis ’n 1 sent-stuk. ’n Suid-Afrikaanse 1 sent. Ek bring dit nader aan my oë toe om mooi te kyk… dan sien ek die twee mossies.