Taaltoffie ondersoek die verskil tussen die gebruik van “belofte” en “gelofte”.
Lees meerTaalgebruik: robot, verkeerslig
Is dit “robot” of “verkeerslig”? Taaltoffie stel ondersoek in.
Taalgebruik: bestee, spandeer
Taaltoffie ondersoek die gebruik van “bestee” en “spandeer” in Afrikaans.
Taalgebruik: gemeen
Die idiomatiese uitdrukking vir die Engelse “in common” is “gemeen” en nie “in gemeen” nie.
Taalgebruik: epos, e-pos
Is ‘n elektroniese pos ‘n “epos” of ‘n “e-pos”? Taaltoffie stel ondersoek in.
Taalgebruik: Statistiek, statistieke, syfers
Die Afrikaans vir “statistics” is “statistiek” of “statistieke”, wat verskillende betekenisse het. Taaltoffie stel ondersoek in.
Taalgebruik: s’n, sin
Moenie dié twee woorde met mekaar verwar nie.
Woord: Gholf
Taaltoffie ondersoek al die terminologie wat jy benodig om jou volgende ronde gholf in Afrikaans te speel.
Taalgebruik: verreweg
Die idiomatiese uitdrukking vir die Engelse “by far” is “verreweg” en nié “by verre nie”.
Taaltoffie: “roller coaster”
Weet jy wat ʼn “roller coaster” in Afrikaans is? Taaltoffie stel ondersoek in.
Taalgebruik: aanlyn, virtueel, digitaal
Gebruikers van Afrikaans is soms onseker oor die verskil tussen “aanlyn”, “virtueel” en “digitaal”. Vandag se Taaltoffie verduidelik meer.
Woordsoorte: Wetenswaardighede oor die werkwoord II – soorte hoofwerkwoorde
Die soorte hoofwerkwoorde wat ons in Afrikaans onderskei, val uit in twee oorhoofse groepe: koppelwerkwoorde en leksikale hoofwerkwoorde. Hier is ‘n bondige oorsig.
Tel jou woorde: Wetenswaardighede oor die werkwoord I
Hierdie eerste aflewering handel oor die herkenning van werkwoorde in die sin, en die eerste groot onderskeid wat ʼn mens ten opsigte van werkwoorde moet kan maak: ʼn Mens moet kan bepaal watter werkwoorde in die sin hoofwerkwoorde en watter niehoofwerkwoorde is.
Tel jou woorde: Die bykomende bywoord
Hierdie blog handel oor die adjektief se flambojante neef, die bywoord, wat dikwels as nagedagte by die partytjie opdaag, maar dan die hele geaardheid van die byeenkoms kan verander.
Tel jou woorde: Die aangrypende adjektief
Die adjektief is vir ʼn skrywer een van die nuttigste woorde in sy of haar arsenaal. Dit gee kleur, dit gee diepte, en in die hande van ʼn taalvaardige skrywer, is die noukeurige aanwending van adjektiewe in ʼn teks die manier om van ʼn goeie storie ʼn blitsverkoper te maak.
Woordsoorte: lidwoorde
Dit is gewoonlik betreklik maklik om lidwoorde in ʼn sin te herken, omdat daar maar ʼn paar van hulle is, maar daar is tog ʼn paar interessanthede om na op te let wanneer ʼn mens oor lidwoorde gesels.
Taalgebruik: erken, herken
Taaltoffie ondersoek die verskil in gebruik tussen eien, erken, herken en uitken
Woordsoorte: Hoekom?
Dit is altyd in ʼn leerproses nodig om te weet hoekom ʼn mens ʼn ding moet weet. Nie net gee dit ʼn mens die moed en die lus om deur te druk nie, dit maak die leerproses vir ʼn mens sinvol. En nuttig.
Taalgebruik: klaarblyklik, skynbaar, blykbaar
Dit is maklik om hierdie drie woorde verkeerd te gebruik. Taaltoffie stel ondersoek in.
Afri-tegnies – die moeite werd?
Is dit die moeite werd om stroomop te swem en oor rekenaarsake in Afrikaans te probeer praat?